Agt UK-belhamels geskors oor geweld

Deel op

Agt studente sal Dinsdag in die hof in Kaapstad op aanklagte van openbare geweld verskyn.

Media24 het voorheen berig dat die oproermakers dalk nie studente is nie.

Dié agt het vermoedelik twee voertuie en kunswerke van twee koshuise aan die brand gesteek en is intussen uit die universiteit geskors.

Hulle is in opstand oor die gebrek aan verblyf op die kampus.

Die vise-kansellier dr. Max Price sê hul gedrag is onaanvaarbaar en hul optrede sal nie geduld word nie.

Price sê Rhodes Must Fall het dit duidelik gemaak dat dit hul doelwit is om die universiteit te sluit. Hy sê die veldtog sal egter nie slaag om 30 000 studente en personeellede te weerhou van hul reg om in veilige omstandighede te studeer en te werk nie.

Die Universiteit is besig om ‘n interdik teen betogers te bekom en om strafregtelike aanklagte te lê.

Price sê die universiteit sal vandag oop wees.

Intussen is 51 studente van die Walter Sisulu Universiteit in Oos-Londen wat weens openbare geweld in hegtenis geneem is, ná hul hofverskyning met waarskuwings vrygelaat.

Die groep het ook oor studenteverblyf betoog en skade aan eiendom aangerig. Die universiteit sê hy verskaf verblyf aan meer as 30 persent van die studente wat die nasionale gemiddelde is.

Akademiese aktiwiteite is sedert verlede week by die universiteit opgeskort.

In Noordwes het die Mahikeng-kampus van die NWU weer heropen na geweldpleging deur die EFF oor die uitkontraktering van skoonmakers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.