NWU-oproer bedaar

Deel op

Die visekanselier van die Noordwes Universiteit, Dan Kgwadi sê akademiese aktiwiteite sal Dinsdagoggend op die Mahikeng-kampus hervat word.

Klasse is Maandag opgeskort weens studente-oproer. Die betogers eis dat uitkontraktering beëindig word, en dat studente met uitstaande skuld toegelaat word om te registreer.

‘n Studentevoertuig en ‘n beurskantoor is tydens die betoging aan die brand gesteek.

Kgwadi sê die EFF se studente-organisasie is verantwoordelik vir die onlangse vlaag geweld.

Hy sê maatreëls is ingestel om die veiligheid van studente wat vandag klasse wil bywoon, te verseker.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.