Smorenburg oorweeg regstappe teen PRAAG

Deel op

Die aanhitser van die haatveldtog teen die twee persgesig-studente van Stellenbosch, Mathew Smorenburg oorweeg glo regstappe teen dr Dan Roodt van PRAAG.

’n Boodskap op Smorenburg se Facebook-bladsy lui: “In reaksie op mense wat Smorenburg fel op sosiale media gekritiseer en soms selfs gedreig het, het Johan Pienaar en Gustav Franzsen van Stellenbosch Maandagaand strafregtelike klagte van intimidasie en die openbare aanhitsing van geweld teen Pieter Swart, woordvoerder van die VF Plus, en Dan Roodt van Praag ingedien.”

Volgens Smorenburg het Roodt in ‘n twiet gedreig om hom “leed aan te doen”.

Die VF Plus het Maandag ’n klagte teen die US by die Menseregtekommissie (MRK) ingedien.

Die woordvoerder van die MRK, Isac Mangena, het bevestig dat die klagte ontvang is en dat dit ondersoek word.

Smorenburg het Poekie Briedenhann en Jo-Anne Cloete gedwing om ‘n boodskap wat hulle inkrimineer op sosiale media te deel:

We are aware that our actions in the #blackfacing incident last night at the Heemstede stellar space party where painting our bodies dark purple and cover with glitter appeared as black and thus as attempt to demean and axotify blackness. We apologise for any offense occurred and take full responsibility for this. We are working with the University and other role players in this regard. We thank those who are trying to support us knowing we had no bad intentions but request that you do not try defend the indefensible practice of #blackfacing.

Die rol wat “Johan Pienaar van Stellenbosch” in die openbare lewe speel om Praag aanhoudend swart te smeer, is interessant.

Pienaar het sy verskyning by UP gemaak in 1991 waar hy ‘n toespraak deur Nelson Mandela ontwrig het deur op die verhoog te hardloop.

Hy was destyds deel van die KP se “kommando’s”, maar bevind homself klaarblyklik nou aan die ander kant van die politieke spektrum.

Adriaan Basson het onder sy redakteurskap van Beeld lesers mislei deur vir Pienaar as ‘n “prokureur van Stellenbosch” voor te hou. Dit is onwaar.

Daarna is Pienaar as ‘n “vryskutaktivis” beskryf, maar dit is nie duidelik wie Pienaar betaal om sy aktivisme te bedryf nie, behalwe miskien die intelligensiedienste.

Hy het vrae daaroor op Facebook ontwyk.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.