UK-studente verbrand ‘koloniale’ skilderye

Deel op

Swart studente van die universiteit van Kaapstad het “koloniale” skilderye van wit mans en vroue uit die Fuller- en Smutskoshuise Dinsdagaand aan die brand gesteek.

Polisievoertuie en ‘n brandweerwa was op die perseel om die vuur te blus.

Die polisie is ingeroep en het die betogers probeer verwilder wat gelei het tot geweld. Dit was nie onmiddellik duidelik of die betrokkene vandale almal studente was nie.

Die swart studente het die kunswerke uit die twee koshuise op die boonste kampus van die mure gaan afruk en aan die brand gesteek omdat die bestuur hulle gevra het om plakkershutte te skuif wat hulle uit protes opgerig het.

Hulle protesteer teen wit studente wat hulle sê voorkeur kry bó swartes vir behuising.

Volgens ‘n video opgelaai op Twitter, is ‘n aantal mense in hegtenis geneem op die toneel van die brand nadat die polisie skokgranate moes gebruik om die skare uiteen te jaag.

Hulle het rubberkoeëls ook gebruik.

Die betogers het ook die gereg met klippe bestook waarna veiligheidswagte twee oproeriges in hegtenis geneem het.

‘n Veiligheidsvoertuig se vensters is stukkend geslaan en kort daarna is ‘n UK-voertuig aan die brand gesteek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.