Brexit kan EU in krisis dompel

Deel op

Die Britse eerste minister, David Cameron het ‘n vergadering met die Europese Parlement se president, Martin Schulz en ander lede van die EU-parlement bygewoon om oor Brittanje se standpunte rakende Brexit te onderhandel.

Brittanje­ sal ‘n referendum hou of dit in die EU wil bly of wil onttrek, indien Cameron nie sy sin kry nie.

Maar Duitsland en Frankryk het gemaan dat Brittanje negatief geraak sal word as die premier nie Europa se wense in ag neem nie.

Van die 700 Europese maatskappye in Brittanje het ‘n derde aangedui dat hulle die VK dadelik sal verlaat met Brexit.

Volgens Le Monde staar die EU ‘n krisis in die gesig, selfs al besluit die VK om in te stem tot die EU-beleid.

‘n Peiling deur die Duitse Bertelsmann-stigting toon ‘n sterk pro-EU sentiment oor die hele sakegemeenskap, maar volgens die jongste meningspeiling sal 45 persent Britte stem dat die land die Europese Unie verlaat.

Slegs 36% wil in die EU bly en negentien persent is onseker.

Cameron het vroeër vandeesweek sy planne uiteengesit om die land se bande met die Europese Unie te heroorweeg.

Hy het sy voorstelle tydens die EU-beraad aan leiers voorgelê. ‘n Referendum word vir Junie in Brittanje beplan oor voortgesette lidmaatskap van die Europese Unie.

Konsepvoorstelle is reeds bekend gemaak om die land te oorreed om binne die EU te bly.

Van die voorstelle sluit in dat Brittanje nie betrokke hoef te wees by ‘n nouer verbintenis met die EU nie en dat welsyntoelae aan werkers van ander EU-lande opgeskort kan word.

Die Britse minister van finansies, George Osborne het vroeër gesê hy hoop ander EU-lande sal tot die planne instem, maar vier Oos-Europese lande het reeds die voorstelle verwerp.

Pole, Tsjeggië, Slowakye en Hongarye wil nie instem tot die beperkte toelaes vir werkers nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.