Ouers vrees vir pers studente se veiligheid

Deel op

Dr. Joggie Briedenhann, pa van Christine (Poekie) sê hy is “uiters teleurgesteld met hoe die US die hele saak benader het” nadat sy dogter en ‘n vriendin lukraak van rassisme beskuldig is oor pers gesigverf.

Christine se veiligheid op kampus ná die voorval, is ‘n groot bron van kommer weens dié openlike intimidasie. “Sy het treiterende SMS’e ontvang nadat iemand plakkate van haar gesig en selfoonnommer op kampus opgeplak het,” sê haar pa.

“Ek het verlede week met my dogter se klasrooster en foto na die kampus-sekuriteitspersoneel gegaan en gevra of hulle haar veiligheid kan waarborg.”

Die verlinkse rektor van die universiteit van Stellenbosch, Wim de Villiers het volgens Briedenhann nog nie een keer met hom of sy dogter probeer kontak maak nie, selfs nadat hulle skorsing opgehef is.

“Hy het ons nie laat weet wat die spesifieke klag teen Poekie is nie en het ons ook nie laat weet dat haar skorsing uit die koshuis opgehef is nie.

“Ek wonder hoe De Villiers wil hê daar teenoor sy kind in só ’n situasie opgetree moet word,” het Briedenhann aan die Republikein gesê.

Ene Mathew Smorensburg, verbonde aan die universiteit, het na bewering die twee studente ontmoedig om ’n regverteenwoordiger aan te stel nadat hy valse beskuldigings teen hulle gemaak het om ‘n haatveldtog van stapel te stuur.

Smorenburg het die twee “bedorwe, wit meisietjies” ook afgeraai om hul vriende of ouers te kontak.

In stede daarvan, het hy die twee gedwing op ‘n imkriminerende boodskap namens hulself uit te stuur.

Smorenburg op Facebook gesê dit gaan goed met hom.

“Die Universiteit Stellenbosch en my kollegas bied groot ondersteuning en ek vaar goed.”

“Ons gaan beslis regstappe teen lede van Open Stellenbosch, die studenteraad en die rektor doen. Ons oorweeg ’n siviele skadevergoedingseis teen diegene wat hulle aan intimidasie skuldig gemaak het,” verduidelik hy.

De Villiers het intussen ‘n verklaring uitgereik waarin hy sonder ironie “die trauma wat die twee studente, die huiskomitee, die inwonende hoof en inwoners ervaar het, betreur”.

Volgens De Villiers het hierdie voorval “herbevestig hoe belangrik konstruktiewe gesprekvoering oor belangrike kwessies op kampus is” terwyl hy en sy linkse bende kennelik alle pogings tot gesprek vermy het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.