‘Rassiste moet gestraf word’

Deel op

Die minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa sê Suid-Afrikaners moet rassisme bestry met dieselfde ywer waarmee hulle teen apartheid baklei het.

Mthethwa sê elkeen het ‘n verantwoordelikheid om te verseker dat rassisme daadwerklik uitgeroei word.

Hy het gepraat tydens ‘n gesprek oor rassisme by die Universiteit van KwaZulu-Natal se Howard Kollege in Durban, het RSG berig.

Mthethwa sê die Penny Sparrow-voorval op sosiale media is ‘n gruwelike herinnering dat rassisme nog ‘n dominante deel van die Suid-Afrikaanse samelewing is.

Intussen is daar swart burgers wat argumenteer dat rassisme nie uitgeroei kan word, totdat wittes bereid is om met die kwessie gekonfronteer te word nie.

Van hulle het ook gepleit dat rassiste swaar gestraf moet word.

Mpumelelo Mkhabela van die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum glo meer nuuskantore moet nasiebou as ‘n leidende redaksionele filosofie aanneem.

Mthethwa het vroeér die Sweedse Minister van Kultuur en Demokrasie by Vryheidspark in Pretoria ontmoet.

Minister Alice Bah Kuhnke is verantwoordelik vir demokrasie, nasionale minderhede, die burgerlike samelewing, die taal en kultuur van die Sami-bevolking, diskriminasie, kultuur, media en menseregte op nasionale vlak asook vir geloofsgemeenskappe.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.