‘Afrikaners wat wen’ laat krieketkaptein na sy hart gryp

Deel op

‘n Twiet oor Afrikaners se aandeel in ‘n krieketoorwinning deur ‘n bekende sportjoernalis het die Protea-kaptein na sy hart laat gryp.

Nasiebouer AB de Villiers is ontsteld omdat Dan Retief getwiet het dat ‘n beslissende eendagwedstryd teen Engeland deur “twee wit Afrikaners” gewen is.

Die Proteas het die laaste van vyf eendagwedstryde teen Engeland op Nuweland in Kaapstad gewen om daarmee in die eendagreeks te seëvier.

Retief het intussen onvoorwaardelik om verskoning gevra vir sy opmerking wat die ooglopende oor die wedstryd saamgevat het.

Die gewraakte twiet lui: “Suid-Afrika is tot ‘n oorwinning gedra deur twee wit Afrikaners . . . Politici en mediakommentators neem kennis . . . vir wat dit werd is.”

Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), het ook “erg aanstoot geneem” oor Retief se “onsensitiewe” twiet wat die veelrassige “spanpoging” misken.

Retief het waarskynlik ook kommentaar gelewer op die feit dat KSA besig is om Afrikaners uit die nasionale span te hou, maar later toegegee dat dit nie nasiebou bevorder nie.

Krieketafrigters by Afrikaanse skole kla reeds geruime tyd dat Afrikaanse seuns oorgesien word vir spankeuses.

De Villiers het ‘n onoorwonne 101 aangeteken en David Wiese het met 41* die wenlopies gemoker.

Die res van die veld het power gevaar en wenkbroue laat lig oor hul insluiting op nasionale vlak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.