Seun in maag getref deur spies

Deel op

‘n Graad-8 leerder aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein sterk in die Pelonomi-hospitaal aan nadat hy op ‘n atletiekbyeenkoms deur ‘n spies in die maag getref is.

Die skool se Gideon Goosen sê dié fratsongeluk het Vrydagmiddag op die Vrystaat-stadion plaasgevind.

Goosen sê die leerder is per ongeluk in die maag getref nadat ‘n ander atleet die spies buite die toegelate radius gegooi het.

Goosen sê die leerder is stabiel en het reeds ‘n operasie ondergaan om te verseker dat daar nie enige skade aan sy ingewande is nie.

Intussen sê ER24 se Russel Meiring die seun is aanvanklik na Mediclinic Bloemfontein geneem en later na Pelonomi oorgeplaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.