SGS Mathew Smorenburg lei heksejag teen US-studente

Deel op

Die Namibiese student en haar vriendin wat geskors is omdat hulle hulself pers geverf het, se regsverteenwoordiger sê hy het in 25 jaar in die praktyk het nog nie so ‘n “flagrante vertrapping van ‘n student se regte deur sy eie universiteit gesien nie”.

Poekie Briedenhann (20) en Jo-Anne Cloete (19) is verlede week hangende ‘n ondersoek geskors.

Danie Rossouw, Briedenhann se prokureur, het aan Netwerk24 gesê Briedenhann en Cloete oorweeg tans ‘n siviele skadevergoedingseis teen die universiteit, die studenteraad, individuele amptenare en studente wat hulle aan intimidasie skuldig gemaak het.

Ene Mathew Smorenburg, ‘n gay sosiale geregtigheidstryder (SGS) en verbonde aan die universiteit se studentesentrum is glo die inisieerder van die heksejag teen die twee meisies.

Hy het voorheen op Twitter gesê ‘n opstand by Stellenbosch moes al lankal plaasgevind het.

Smorenburg het aktief die veldtog teen die twee meisies gelei, volgens Netwerk24:

Smorenburg het kort nadat die foto’s van Briedenhann en Cloete verlede Vrydagoggend op sosiale media verskyn het, die twee studente en Natanja van Rooyen (‘n studente wat op van die foto’s verskyn, maar wie se lyf nie geverf was nie) na sy kantoor ontbied waar hy hulle oor die kole gehaal het. Ook teenwoordig was dr. Leslie van Rooi, die inwonende hoof van die Simonsberg-manskoshuis en Heemstede se primaria, Demi Roodt.

Die twee kamermaats het die aand tevore ‘n partytjie van hul koshuis, Heemstede, bygewoon. Die tema van die aand was “Stellar Space” en hulle is vroeër die dag na ‘n Chinese winkel waar hulle botteltjies rooi en blou verf gekoop het waarmee hul pers verf gemeng het. Hul uitrustings is afgerond met blinkertjies op die gesig en versierings wat hulle uit tinfoelie gemaak het.

Briedenhann vermoed dat ‘n foto wat sy die volgende oggend op haar Instagram-profiel gelaai is, deur ‘n voormalige Heemstede-inwoner en lid van Open Stellenbosch (OS) gesien is. Dié persoon het dit na bewering afgelaai, digitaal gemanipuleer om hulle swart te laat lyk, en verder versprei. ‘n BSc-student en aktiewe OS-lid, Tshepo (Crocky) Modiri, het toe ‘n klag van “blackface” by die universiteit gaan lê.

Die meisies sê tydens die vergadering het Smorenburg hulle op ‘n “baie intimiderende, baie intense, effens beledigende en baie geïrriteerde wyse en met baie handgebare” begin toespreek. Hy was nie eintlik geïnteresseerd in hul verduidelikings nie.

Toe hulle hom daarop wys dat hulle bloot soos aliens aangetrek was, het hy hulle onderbreek: “Moenie daardie woord gebruik nie!” Hy het gesê die term alien of extraterrestrial impliseer dat wit mense dink daar is sekere rassegroepe op kampus wat nie in die samelewing tuishoort nie. Deur sulke woorde te gebruik, het hy gemaan, “kan julle net die situasie vererger”. Toe hulle by hom pleit dat hulle nie eens weet wat “blackface” is nie, het hy hulle glo uitgekryt as “oningelig, naïef en onopgevoed”.

Die meisies sê Smorenburg het aan hulle gesê het dat hulle nie ‘n regsverteenwoordiger mag kry voordat hy so sê nie;
hy nie omgee wat hulle bedoelings was nie, wat saakmaak, is wat ander mense daarvan dink;
nadat hulle later die dag nóg ‘n foto, wat duidelik wys dat hulle pers geverf was, aan Smorenburg gewys het, hy sou gesê het dat hy nie belangstel om dit te sien nie omdat dit nie saak maak watter kleur hulle was nie. “Dit word gesien as swart, finish en klaar.”

Smorenburg het ook ‘n “verskoning” op sy selfoon uitgetik wat hy aan hulle per SMS gestuur het met die opdrag om dit op hul Facebook-profiele te sit. In die verskoning bedank hulle diegene wat “probeer om ons te ondersteun” en “versoek dat (ons vriende) nie probeer om die onverskoonbare te verskoon nie”.

Die meisies was so geïntimideer deur Smorenburg dat hulle presies gedoen het wat hy gesê het. Briedenhann sê toe haar ma haar verskoning sien, was sy uiters geskok en het haar beveel om die “belaglike” verskoning dadelik te verwyder en haar profiel te sluit. Die ander twee meisies het ook hul verskonings verwyder van hul Facebook-blaaie.

Briedenhann se pa, dr. Joggie Bredenhann, ‘n ortodontis van Windhoek, sê toe hy later die middag vir Smorenburg gebel het, het Smorenburg aan hom gesê om nie regsverteenwoordiging vir sy dogter te kry nie, omdat dit die indruk by die klaers sal laat van ‘n “bevoorregte wit meisie met regshulp”.

Daardie middag het ‘n bende swart EFF- en OS-oproeriges ook wederregtelik toegang tot die koshuis gekry en daarop aangedring om Cloete en Briedenhann, na wie hulle verwys het as “Crispy Whitebread”, te spreek.

Die meisies moes hulself in hul kamer toesluit terwyl huiskomiteelede en ander studente gedwing is om op die vloer te sit en oor hul “rassisme” aangespreek is. Plakkate is ook op kampus versprei met die twee se gesigte en telefoonnommers.

Die meisies is later die middag deur Pieter Kloppers, direkteur van die universiteit se Sentrum vir Studentegemeenskappe in kennis gestel het dat hulle uit die koshuis geskors word.

Hulle het aan hom gesê hulle is bang en verlang beskerming, maar dit was eers nadat Briedenhann se ouers later in die week in Stellenbosch aangekom het om sy dogter by te staan, dat die universiteit enige daadwerklike stappe gedoen het om hulle te beskerm.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.