EFF dreig om Tuks onregeerbaar te maak oor Afrikaans

Deel op

Die EFF dreig om die Universiteit van Pretoria (UP) onregeerbaar te maak as Afrikaans as onderrigtaal nie teen Vrydag afgeskaf word nie.

UP is die volgende teiken wat uitgesonder is vir openlike konflik ná die #FeesMustFall-veldtog.

Die ultimatum aan Tuks is Maandag deur Kabelo Mahlobogwane, EFF-voorsitter gestel.

“Ons sal die universiteit onregeerbaar maak as die taakspan nie sy beloftes nakom nie.

“Ons sal nie oorgee nie. Dit is ononderhandelbaar dat Afrikaans as onderrigtaal by die UP afgeskaf moet word,” het hy luidens Netwerk24 verklaar.

Die huidige taalbeleid bepaal dat akademiese programme in Afrikaans of Engels of albei aangebied word as daar ‘n vraag is.

‘n UP-woordvoerder het Maandag gesê die taalbeleid word tans hersien. ‘n Verslag is in Januarie aan die uitvoerende bestuur en senaat voorgelê wat klaarblyklik poog om Engels te bevorder.

Dit sal beteken dat Afrikaans stelselmatig uitgefasseer sal word as onderrigtaal.

Met die ultimatum van die EFF kan Afrikaans egter gouer verdwyn as wat die transformasievoorstelle tot dusver voorsien het.

Sedert Juluis Malema onlangs in Londen voor Karl Marx se standbeeld gaan buig het, is die EFF vol jingo-ywer. Dit is egter nie duidelik hoe Engels Bantoe-nasionalisme, nog ‘n EFF-doelwit, sal bevorder nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.