Odi-stadion, miljoene in die swart put

Die vervalle Odi-stadion in Mabopane is nog ‘n voorbeeld van miljoene rande wat in die swart put verdwyn het.

Die Pretoria Rekord berig dat die 60 000-sitplek fasiliteit 30km noord van Pretoria, nou ‘n toevlugsoord vir misdadigers en nyaope-gebruikers is.

Die stadion is gebou om die voormalige Bophuthatswana-regering te ondersteun met sportontwikkeling. Daarvan het dadels gekom en groot opoffering van wit belastingbetalers word vandag voorgehou as ‘n “misdaad teen die mensdom”.

Dié stadion in die voormalige tuisland het groot gebeurtenisse in die 1980’s aangebied maar is tans ‘n nes vir misdadigers en dwelmgebruikers.

Sokkerwedstryde tussen groot spanne soos Orlando Pirates, Kaizer Chiefs, Moroka Swallows, Mamelodi Sundowns en Wits is daar gehuisves asook ANC en ZCC-byeenkomste.

‘n Gebrek aan onderhoud en vandalisme het die stadion in ‘n swak toestand gelaat en die pawiljoene is besig om uitmekaar te val.

Tshwane-munisipaliteit se woordvoerder, Blessing Manale het nie gereageer op navraag ten tyde van die ter perse gaan oor die metro se planne vir die stadion nie.

Onlangs het die metro verklaar dat die “Odi-stadion nie veilig is nie weens strukturele probleme”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.