Miljardêr het saamgewerk met Zuma en Guptas

Deel op

Glencore het saamgewerk met “belanghebbendes” insluitend die regering om sy Optimum-steenkoolmyn te verkoop, het die Sunday Times vroeër berig.

‘n Suid-Afrikaanse minister het Glencore se hoofuitvoerende beampte, Ivan Glasenberg ontmoet voor die verkoop van die myn aan ‘n groep vriende van President Jacob Zuma.

Glencore se sukkelende myn was reeds oorhandig aan kurators, nadat die myn versuim het om Eskom te oortuig om die terme van ‘n ooreenkoms met Glencore Optimum te heronderhandel.

Dié ooreenkoms was uiters nadelig vir Eskom.

Die myn is verkoop aan Tegeta, ‘n maatskappy wat beheer word deur die Gupta-familie. Een van Zuma se seuns sal ook baat by die transaksie.

“Glencore is besig met die reddingsakeplan van Optimum Coal saam met alle ander belanghebbendes, insluitend die regering” het die maatskappy in ‘n e-pos antwoord op vrae gesê. “Glencore is tevrede met die bepalings betreffende die Tegeta-transaksie.”

Die Sunday Times het berig dat Mosebenzi Zwane, Suid-Afrika se minister van mynbou, die einde van verlede jaar met Glasenberg by die Dolder Grand Hotel in Zürich ontmoet het om die verkoop van die myn te fasiliteer.

Intussen probeer opposisiepartye en die Britse pers voorgee dat Glencore nie saamgewerk het om die Zuma-gesin te bevoordeel nie.

Die Guptafamilie het intussen gesê dit behoort enigiemand vry te staan om op ‘n billike grondslag met enige sake-onderneming mee te ding.

Hulle maatskappy Tegeta Exploration and Resources sê hy is op soek na nog sakegeleenthede nadat die maatskappy die groenlig gekry het om Glencore se Optimum-steenkoolmyn aan te skaf.

Opposisiepartye het Zwane oor die kole gehaal omdat hy met Glasenberg in Switserland beraadslaag het.

Die partye sê dit het die president se seun en die Gupta-familie bevoordeel.

Die Guptas sê egter hulle het geen bystand van die minister gekry om die transaksie te beklink nie.

Die miljardêr Glasenberg, Suid-Afrika se rykste man, het Glencore se dividendbetalings geskrap en nuwe aandele gesmous om skuld wat opgebou tydens ‘n kommoditeitoplewing te betaal.

Die maatskappy het in Desember aangekondig dat hy beplan om skuld te verminder tot so laag as $18 miljard teen die einde van 2015. Een van die planne was ook om met bateverkope te begin.

Glasenberg, wat ook Israeli-burgerskap het, het in die Johannesburgse kantoor van Marc Rich (Marcell Reich) gewerk wat miljoene daaruit gemaak het om olie aan die apartheidsregering te verkoop.

Hy woon in Rüschlikon, Switserland.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.