Zimbabwe se jongste beroep op plaaslike ondernemings en liefdadigheidsorganisasies om meer as $1,5 miljard of ongeveer R24 miljard, by te dra om ’n kwart van sy bevolking van hongersnood te red, is nie die eerste nie.
Die land ontvang reeds hulp van die VN om sy mense te voed.
Bishow Parajuli, die VN se plaaslike koördineerder in Zimbabwe, het gesê voordat die jongste appèl geloods is, was die wêreldliggaam reeds besig met die verskaffing van hulp.
“Tot dusver is sowat ses miljoen [dollar] bewillig en naby aan ‘n miljoen mense word bereik met voedselondersteuning.
“Gegewe ‘n nuwe uitdaging in terme van die verdubbeling van die geaffekteerde bevolking, het die behoefte byna verdubbel. Jammer genoeg het die situasie regtig versleg oor die hele vasteland. Onlangs het Ethiopië ook gesê by hulle het meer as 10 miljoen geraak,” sê Parajuli.
Sowat drie miljoen mense in Zimbabwe word die ergste raak. Die regering sal ‘n pleidooi na internasionale skenkers stuur.
President Robert Mugabe het ook ‘n noodtoestand in die meeste landelike gebiede afgekondig.
“Die regering benodig altesaam US$1,572 miljard van Februarie tot Desember,” het Mnangagwa op ’n mediakonferensie in Harare gesê.
Die meeste van die geld sal aangewend word vir die invoer van kos, maar geld word ook benodig vir die herstel van besproeiingstoerusting waarmee voedselproduksie hopelik opgestoot kan word.
Sowat 1,5 miljoen ton mielies is nodig om te voorsien in mense se behoeftes van Februarie tot Desember, het Mnangagwa gesê.
Zimbabwe se ekonomie het sedert 1999 sowat met die helfte gekrimp danksy anti-wit maatreëls.
Ontleders glo fasksiegevegte binne Zanu-PF sal vererger in aanloop tot die president se 92ste verjaarsdag die maand.
Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe sê hooggeplaaste Zanu-PF amptenare is “magsbehep”.