Onluste ontsier Chinese Nuwejaar in Hong Kong

Deel op

Beijing se verteenwoordigers in Hong Kong het radikale onafhanklikheidsvoorstanders die skuld gegee vir onluste wat uitgebreek het in die voormalige Britse kolonie byna ‘n week gelede.

Dit is die ergste geweld sedert anti-Chinese betogings dele van die Asiatiese finansiële sentrum in 2014 verlam het.

Meer as sestig mense is in hegtenis geneem in verband met die geweld, waartydens betogers die polisie met klippe bestook het en vullisdromme in Mong Kok aan die brand gesteek het.

Dit is ‘n rowwe, werkersklaswoonbuurt net oorkant die hawe van die finansiële distrik.

Die polisie het waarskuwingskote geskiet tydens die oproerigheid wat uitgebreek het toe die owerheid probeer het om onwettige straatsmouse te verwyder vir die viering van die Chinese Nuwejaar.

Oproeriges het bakstene uit die plaveisel losgemaak en na die polisie gegooi en ander het straatborde gevandaliseer.

Sowat 90 mense is beseer en 61 betogers is in hegtenis geneem, het Lo Wai-chung, polisiekommissaris, gesê.

Die polisie het gesê waarskuwing­skote is afgevuur en pepersproei is gebruik.

Die media het beeldmateriaal van bebloede oproermakers en beseerde polisielede op televisie vertoon.

“Ons het ’n verandering in die publiek waargeneem. Hulle is geneig om geweld te gebruik om hul mening uit te druk,” het Lo gesê.

Die optrede van die “radikale onafhanklikheidsvoorstanders neig in die rigting van terrorisme”, het die South China Morning Post berig.

Eiendomspryse in Hong Kong is besig om drasties te daal en een van die grootste banke, HSBC, het aangekondig dat hulle hul hoofkantoor sal verskuif na Londen.

Die polisie moes traangas gebruik het tydens die Mong Kok-oproer en indien nodig betogers doodgeskiet het, sê ‘n Chinese regsgeleerde en distriksraadslid Junius Ho Kwan-Yiu gesê.

Ho het gesê wetstoepassers was “te besadig” toe hulle gekonfronteer is met ‘n straatbendes.

“Die polisie het haelgewere gebruik [gedurende die 1967-onluste] … om die openbare orde te handhaaf, en vir selfbeskerming [vir polisiebeamptes] moet die nodige stappe geneem word,” sê Ho.

Toe Ho gevra is deur ‘n ander deelnemer van die debat, Oscar Lai Man-LOK van studentegroep Scholarism, of hy glo dat moord geregverdig kan word op die stad se inwoners, het Ho geantwoord: “Dit beteken nie die doodmaak van Hongkongers nie. Dit beteken die doodmaak van oproeriges.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.