Munisipale kontrakteurs aangeval

Deel op

Dienslewering word in sommige dele van Durban ontwrig weens aanvalle op munisipale werkers en kontrakteurs, het RSG berig.

Die aanvalle word na bewering uitgevoer deur ‘n groep wat hulleself die Delangokubona-sakeforum noem.

Dienste wat geraak is, sluit in elektrisiteit, water en instandhouding van paaie. Volgens berigte word munisipale werkers geïntimideer en hulle voertuie met klippe bestook.

‘n Plaaslike kontrakteur, Themba Ntuli sê die forum eis dat hulle as sub-kontrakteurs wil werk.

Hy sê wanneer hy hulle na die munisipaliteit verwys, sê die groep hulle wil nie die munisipale prosesse volg nie.

Volgens Ntuli is hulle werksaamhede erg ontwrig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.