Flou Staatsrede verder deur opposisiesirkus ontsier

Deel op

President Jacob Zuma se Staatsrede het Donderdag die verwagte sirkus opgelewer.

Zuma het beleggers en plaaslike sakelui probeer paai, maar omstrede kwessies vermy.

Cope-leier, Mosiua Lekota, was die eerste om die vergadering te verlaat. Hy is gevolg deur die EFF, wat walsend “Zupta moet val” gedreunsing het.

Beide Lekota en Malema het sonder ironie verklaar dat die president nie meer eerbaar is nie. Lekota sê die president het reeds in die Grondwethof erken dat hy sy ampseed oortree het.

Die Nasionale Vergadering is vir meer as ‘n uur nadat verrigtinge begin het ontwrig deur ‘n sinnelose woordetwis tussen Baleka Mbete, speaker, en die EFF.

Die DA beplan om later ‘n mosie van wantroue in die president in die parlement voor te stel, terwyl die leier van die EFF, Julius Malema kort na hulle uitgestap het op ‘n nuuskonferensie gesê hulle is van plan om die president in ‘n staat van beskuldiging te laat plaas.

Die president se versekering dat die beplande kernaanlegplan net sal voortgaan gaan as dit bekostigbaar is, is verwelkom.

Maar min was beïndruk met Zuma se toespraak en die ekonomiese vooruitsigte vir die land.

Alhoewel Suid-Afrika steeds ‘n aanloklike beleggersbestemming kan wees, bly die grondhervormingskwessie en die ANC se anti-wit magsbeheptheid ‘n groot kopseer.

Zuma het die nuttigheid en koste van twee hoofstede aangeroer.

Wat staatsbesteding betref, het Zuma gesê die regering “onderneem om besteding suinig te doen en vermorsing te besnoei”.

“Oorsese reise sal ingeperk word en diegene wat wil reis, moet redes verskaf en wys hoe dit tot voordeel van die land sal wees. Verdere beperkings op spyseniering, vermaak, konferensies en sosiale geleenthede sal ingestel word.”

Die vraag op almal se lippe was of dit alles genoeg sal wees om internasionale sentiment te draai, en ‘n resessie af te weer en of opposisiepartye nie ywerig meewerk aan die land se probleme nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.