Trein en vragmotor bots

Deel op

‘n Man het ligte beserings opgedoen toe ‘n trein en sy vragmotor buite Bloemfontein gebots het.

ER24-woordvoerder, Russel Meiring, sê die ongeluk het omstreeks 14:30 naby die Ferreira-kleinhoewes plaasgevind. Stukke van die vragmotor het oor 75 meter verspreid gelê.

Meiring sê die vragmotorbestuurder is uit die voertuig geslinger. Hy is op die toneel vir erge gesigbeserings behandel en na die Pelonomi-hospitaal geneem. Niemand in die trein is beseer nie.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.