Naspers se PK-vlagskip sneuwel

Deel op

Insig, Naspers se mees linkse en polities korrekte tydskrif, het aangekondig dat hy ná twintig jaar publikasie gaan staak. In die onlangse tyd het die tydskrif verskeie redaktrises gehad, maar het konstant sirkulasie verloor en kon nie die mas opkom nie.

Oor die algemeen beleef Afrikaanse tydskrifte ’n bloeityd, soos nismarktydskrifte in die trant van Weg, Visi en ander bewys het. Daarom kan die vraag seker gevra word waarom Insig, met die grootste persgroep in die land agter hom, nie kon slaag nie.
Deel op

Die rede is myns insiens nie ver te soek nie: Insig het deur sy volgehoue politieke korrektheid, linkse inslag met die bedekte of openlike propagering van rasgemengde verhoudings, kritiek op heteroseksueliteit, asook die stelselmatige verguising van die Afrikaneridentiteit, sy eie lesers van hom vervreem.

Wat met Insig gebeur het, kan egter met elkeen van Naspers se publikasies gebeur. Ek was op ’n keer aan tafel met ’n redakteur van so ’n publikasie wat aan my vertel het dat daar ’n algemene strategie bestaan om die ideologiese inhoud te druk in die rigting van Afrikaner-assimilasie, asook die aanvaarding van meer en meer inhoud oor swart of bruin figure en die vermindering van ruimte wat aan Afrikaners bestee word.

Soos dit aan my gestel is, “Ons is altyd bekommerd dat ons te vinnig vir die volk beweeg. Ons móét voor die volk bly, maar as hulle te ver agter raak, werk dit ook nie.”

Waarheen Naspers presies met ons op pad is, is ’n goeie vraag. As mens egter na die uitsprake van hul kommentators soos Hein Willemse, Jakes Gerwel, Max du Preez, Jonathan Jansen en ander luister, dan behels dit ’n plek waar daar nie meer Afrikaners gaan wees nie en waar mense in die vorm gegiet sal wees waarin die ANC in sy totalitêre waansin wil hê ons gegiet moet word.

Insig was, benewens sy boekeblad wat deur belangstellendes in die Afrikaanse letterkunde gelees is, by uitstek propagandablad. Max du Preez en ander het gereeld hul sedelessies oor apartheidskuld gelewer en elke patriotiese of lojale Afrikaner wat hetsy by die taalstryd betrokke is, hetsy kritiek op ons oorheersing lewer, dikwels in die kruste terme denkbaar as ’n Nazi, rassis of ver-regse uitgekryt op ’n manier wat aan die verstokte taal van die Bresjnef-Andropof-tydvak in die Sowjetunie herinner.

Die mislukking van Insig stuur daarom ’n belangrike sein uit dat die volk en veral sy lesers nou besig is om al “verder agter te raak” in die Naspers-idioom. Waarskynlik sal die persgroep self die laaste wees om die skrif aan die muur te lees, maar hopelik verskyn daar binnekort publikasies wat Afrikaners sal gee wat hulle wil lees en nie wat die PK-bende in Heerengracht 40 of die regime dink ons behóórt te lees nie.

оборудование россияАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.