In Gasa heers hongersnood nie “Hunger Games” nie.
Dit was die reaksie van ‘n Palestynse aktivis wat ‘n beroep op Oscar-benoemdes gedoen het om nie ‘n gratis reis na Israel te aanvaar wat deur die Joodse regering geborg word nie.
Lydia Weitzman, woordvoerder van die departement van toerisme, het gesê Israel sal ‘n gratis vakansie van tien dae aan 26 sterre bied, onder wie Jennifer Lawrence, Leonardo DiCaprio en Matt Damon.
Omar Barghouti, ‘n Palestynse aktivis en medestigter van die BDS, het gesê dat Israel sy “groeiende internasionale isolasie beveg deur omkopery”, eerder as om sy beleid te heroorweeg.
BDS staan vir “Boikot, Disinvesteer, Sanksies” teen Israel.
Die reis is deel van die prys wat sterre by die Oscar-prysuitdeling ontvang, het Reuters berig.