JH du Toit: (Pers) lewe op Mars gevind

As daar nog enige twyfel was, of daar lewe op Mars is, is dit nou uit die weg geruim, so het NASA hierdie week bevestig. Ja inderdaad, lewe is op die diepste en donkerste krater op Mars gevind. Tot onlangs is geglo dat Helas Planitia die grootste en diepste krater op Mars is, maar hierdie week is ‘n selfs groter en dieper krater op Mars ontdek. Wetenskaplikes het die krater Stellenbosch gedoop.

Klaarblyklik is die krater meer as net ‘n gat. Dis weliswaar ‘n portaal na ‘n ander dimensie waar die wette van ons heelal nie geld nie. In die vreemde buite-aardse werklikheid van die eindelose gat genaamd Stellenbosh, geld natuurwette wat glad nie natuurlik is nie. In Stellenbosh vloei water opwaarts, lig is donkerte en donkerte is lig. Wat nie is nie is, en wat is is nie. Niks goeds, nie eens lig kan uit hierdie swartgat ontsnap nie. Dis ‘n vreemdsoortige, verwarrende wereld wat nie vir die spesie homo sapiens sin kan nie maak. Dit is so vreemd dat dit u waarlik sal verbyster. Dit is veral gevaarlik vir die besoeker want die oomblik wanneer u die vreemde dog algemene werklikheid van hierdie onwerklike plek begryp, is u reeds stapekgek.

Net laasweek het twee Aardlinge, nogal twee wit Suid-Afrikaners, hierdie ligging besoek. In die gees van welwillendheid en eensgesindheid met die inwoners van Mars het hulle hulself soos wesens uit die ruimte pers geverf. Tot hulle verbasing het hulle ontdek dat die Gat nie deur pers mannetjies bewoon word nie maar wel deur ‘n selfs vreemder wese. Ongelukkig is dit dieselfde grieselrige en afskuwelike gatkruiper wat elke instansie in ons land oorgeneem het, naamlike die gevreesde “Linkse Gek”.

In sommige oorde word na hierdie eiesoortige Gek as Liberale, Progressiewe, Kulturele Marxiste, Marxiste, Feministe, Neo-Marxiste, Sosiaal-Demokrate, Christen-Demokrate en ander gesofstikeerde name verwys. Hoewel al dié verskillende subtipes van die spesie Gek verteenwoordig, is hulle almal in die bol gepik.

Anders as die gewone gek, oftewel Gekkus Generalus, is die Linkse Gek, oftewel Gekkus Lekkusgattus dodelik giftig. Die GLS se naam is afkomstig daarvan dat hulle gedurig die diep swart gat waarin hulle woon, uitlek in ‘n poging om dit skoon te hou. Ongelukkig is hierdie poging uiters onsuksesvol want ongeag hoveel hulle lek, bevuil hulle terselfderty hul vesting met absurditeite wat jou asem sal wegslaan. Sommiges beweer die naam kom daarvan dat hulle so hoog in hul heersers se donkerkant op is.

Een byt van die lewensgevaarlike Gekkus Lekkusgattus en jy is jou werk, reputasie en jou menswees kwyt. U sien op die bodem van die krater geld ons driedimensionele werklikheid nie. Die Linkse Gek leef in ‘n tweedimensionele wêreld waar jy net vorentoe of agtertoe kan beweeg en eintlik is dit een en dieselfde ding. In hierdie binêre raserny verkeer alle mense in een van twee kategorieë. Jy is óf ‘n onderdrukker óf ‘n onderdrukte, ook genoem ‘n oortreder of slagoffer. Die Linkse beskryf sy tweedimensionele wêreld as die “Patriargie”, “Wit Bevoorregting”, “Wit Imperialisme”, “Taalapartheid”, “Wit Monopoliekapitaal”, “Witheid” en sommer enige ander ding wat hy hom verbeel of doodeenvoudig nie van hou nie, of dalk te veel van hou.

In die Linkse Gek se wereld móét jy sorg dat jy ‘n slagofffer is. As jy nie ‘n slagoffer is nie, is jy outomaties ‘n oortreder met slagoffers van jou eie. So ‘n persoon het geen toekoms nie en is uit die staanspoor persona non grata en voëlvry verklaar vir die ergste vorme van mishandeling. In alle geklikheid word daar ook geen bewyse vereis of jy ‘n oortreder is of nie. ‘n Blote aantyging is voldoende. Die Linkse Gek (“Leftist Lunatic” in Engels) heg nie veel waarde aan verifieerbaarheid nie. Nee in Gekkus Lekkusgattus se wêreld is niks meetbaar nie en rasionele denke het geen plek nie. Jy hoef bloot iets te voel, dan is dit sommer so, en hoe maller hoe beter.

Daar is egter ‘n enkele konstante in die Linkse Gek se omgekeerde wêreld en dit is ras. Hoewel die Geklike Linkse beweer dat ras nie bestaan nie het hy ‘n obsessie daarmee. As lg u verwar onthou wat ek vroeër gewaarsku het – wanneer Stellenbosch vir u sin maak, is u reeds van lotjie getik. Wees dus dankbaar as dit u kop behoorlik laat draai. Teenstrydigheid en dubbelpraat is die Linkse se kos. Niks hoef sin te maak nie, solank jy net hard genoeg skree.

U sien die kern van die Gekkus Lekkusgattus se absolutistiese rassekwessie is dat witmense rassiste is en dat swartmense wittes se slagoffers is. Amper alles wat witmense doen is op een of ander manier rassisties, aldus die Linkse. ‘n Linkse hoef bloot te sê “Jou rassis!” dan versteen jy op die plek en jou hele wêreld tuimel inmekaar. Hy’t ook ander towervloekwoorde soos “Konserwatief”, “Islamofoob”, “Chauvinis”, “Seksis”, “Imperialis”, ens, maar nie een is so dodelik soos die gevreesde “Rassis!” nie.

En, hoewel al hierdie tipes as randfigure bestaan, het die Linkse se beskuldiging niks met hierdie miniskule minderheid te make nie maar wel alles daarmee om elkeen wat met hom verskil, of van wie hy doodeenvoudig nie hou nie, daarmee beet te kry. Dit is gek en onderduims.

Die Linkse se obsessie eindig nie bloot by ras nie, maar gaan oor na alles wat met kleur te make het. Elke greintjie te make met die kleur swart is heilig. Dit sluit in: vanaf die woord ‘swart’ tot en met swartskoenpolitoer. U sien swartskoenpolitoer is so ‘n heiligdom dat enige aanwending daarvan op u vel die hoogste vorm van heiligskennis behels – dis selfs ‘n duisend maal erger as ‘n duisend rasgedrewe plaasmoorde. Ja, die Linkse Gek het sy heilige gekheid na die volle kleurspektrum uitgebrei.

In sy dolle brein wat‘reeds afgebreek is tot ‘n soort ebolabesmette bloedsop, het die Geklike Linkse daarin geslaag om aan elke kleurskakering ‘n graad van heiligheid toe te ken. Soos genoem, swart is die mees heilige kleur in die Linkse se psigotiesmalle heelal. Soos jy na die ligter kant van die kleurspektrum beweeg, verloor dit heiligheid. Teen die tyd dat u die kleur “wit” op die ander uiterste van die spektrum bereik, is u omsingel deur demone.

En dit is juis te danke aan hierdie kleurspektrum van die Linkses dat NASA die bestaan van die Stellenboschkrater finaal kon bevestig. U sien, omdat die Geklike Linkse heeltemal van sy trollie af is, is hy geneë tot die mees aggressiewe vorm van histeriese gedrag genaamd sosiale geregtigheid, ook genoem “transformasie”. Hierdie sosiopatologie het ons twee Aardse besoekers aan hierdie ondermaanse duur te staan gekom. Synde ‘n donker kleur is pers naasheilig en ons twee onwetende persgeverfde besoekers vanaf die Aarde het daarmee die hoogste wette van Gatland oortree.

Na ‘n agterstevoorom ondersoek wat hulle hul huisvesting geskos het, is dit bevestig dat hulle nie die heilige swart nie, maar wel die naasheilige pers misbruik het. Vir die belediging en pyn wat dit al die gatlekkers en gatters meegebring het, moes hulle toe in die openbaar om verskoning vra. Terwyl regdenkende inwoners van ons sonnestelsel nie weet of hulle moet lag of huil ten aanskoue van hierdie stommiteit nie, jaag die tweedimensionele gekke in diens van die ondersoek soos wafferese Don Quijot’te na die volgende gekleurde windmeul.

Omdat die kleur wit as die mees bose kleur op Stellenbosch geag word, verteenwoordig alles daarmee te make ‘n probleem. Dis juis hierom dat helderheid van denke, begrip, rasionaliteit, meetbaarheid, wetenskaplikeheid en redelikheid verbode is op Stellenbosh. Dit bring mee dat die inwoners van hierdie eindlose niksheid soos dolle honde in die fekale warboel van hul donker idees rondstrompel. Uit Stellenbosh kom daar geen lig nie, maar net donker gif wat oor ‘n reeds erg verdeelde landskap vloei. Dat ‘n eens gesiene universiteit so ‘n krater van sigself kan maak, is slegs te danke aan die uiterste gekheid van die linkses wat ons land en ons wêreld die afgrond insleep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Pollie van die Pêrel

    Geukkig het Wim van Wimburg ondertussen weer persvryheid herstel. Wim, jou toekenning is op pad.

    • G

      Jy’t seker gesien hoe probeer Leephol Skollie weer maak of hy ‘n opvoeding het in vandag se Beeld. Hy dink dit gaan daar in die Mars krater oor snobisme teen mense wat papiertjies rondstrooi op die speelgrond. Dis seker hy wat die toekenning gaan stuur ook.

      • Pollie van die Pêrel

        Het daarvan kennis geneem.
        Smaak my daar is een of ander afstigtery in Naspes aan die gang, ou Skollie wat ‘n bende saam met Flip, Herman, Toerien, Kriek (ook bekend as Kriel), Danie Lanfer (of Langner), Ernst Roets en ook TLU SA-bestuurslede (ek hou die lys kort) vorm. Vf Positief is ook in die prentjie, die nodale man daar om dop te hou Andre Fourie.

        • Ou Transvaal

          Doringbos media en doringbos regering wat nou op staan???

          • Pollie van die Pêrel

            Ja, ons is reeds in die “vensterperiode”, ‘n maak-of-breek-tyd tot min of meer Mei. Ek bedoel as daar in hiedie “vensterperiode” nie beslissende dinge gebeur nie, verwikkelinge vir ‘n tyd gelykmatig sal gaan, maw die politieke orde van nou weer vir ‘n tyd sal kan aangaan.

        • G

          En daar loop die spul skape agter die ou Sap judasbok aan wat aan Andries Beyers op TV gesê het: “Hier is die voorstelle van die Nasionale Party. As u in hierdie voorstelle die bewys kan kry dat ons die regering aan ‘n swart meerderheid gaan oorhandig wat beheer sal word deur die kommuniste en deur mnr. Mandela, dan belowe ek vir u R5 000 vir die Konserwatiewe Party se fonds.” Dit gaan in trane eindig soos al hulle vrot skemas. Fourie, die woordvoerder vir buitelandse sake van die Vryheidsfront Plus, het by herhaling al gesê dat sy party die nuwe Europese regse partye soos die PVV in Nederland of die Front National in Frankryk verwerp.

          • Pollie van die Pêrel

            Einste Fourie. Kan maar net die kop skud.

        • Guest

          A hiding to nothing. They sometimes squirm when they think people notice how useless they all are, and then pretend to have convictions. They are worse than blacks actually. At least blacks have convictions.

          • Pollie van die Pêrel

            Beginselloosheid is deel van die laste wat saam met loopbaanpolitici gaan?

          • jan

            Hulle is soos ‘n bobbejaan wat varke oppas – hulle ry net altyd op die VOORSTE vark.

    • Kalium_Chloraat

      Miskien is die toekenning ‘n voetewas deur ou Vlok.

  • jan

    Mooi beskrywing van Tsafendastan se Prattgatte.

    Intussen is die Wittes besig met die dokters Basson en Noaks en die Kerk se moffies…
    Terwyl die staatspresident van de rykste land in Afrika sy SONA [ …omte blik of te bloos’] pleeg.

  • Vixie

    “Dolle honde” en “donker gif wat vloei” gekombineerd = hondsdolheid. Kom ons gee hierdie siekte wat uitkook in die hatigheid teenoor ons ‘n naam: Hondsdolheid

    • jan

      Hondsdolheid inderdaad ja veroorsaak deur ons eie Afrikaanse Vrydenke virus: OGOT wat Christen skole vernietig.en alle vorms van Afrikaner lewe aborteer. Hulle skop graag stof op en pis teen alles.

      Daar is ook ander Rabit honde soos Waaksaam die Google Retrievers wat antieke dooies opgrawe en aanbid.en lewe probeer gee [resussiteer] met evolusie tegnieke. Hulle vreet alles wat dood is vir soetkoek op.

      Om nie te praat van die ‘Skippers’ nie – hulle skip die stoep en die matte en ka. en ko.. tussen jou lakens.

      Dan natuurlik die US tipe Bloedhonde :hulle skrik vir alles en begin dan bloei.. As daar leeu gejag word is hulle die soort wat jy nie van die bakkie af kry nie.
      .

  • Ou Transvaal

    Pragtig gestel; n magdom nuwe lekkerkry noemname wat volksbesit gaan word, veral LEK KUS GAT TUS!!!!

    • JHduToit

      Ek het sopas na die eerste 11 minute van die sg. SONA gekyk en besef dat ons werklik nie langer deur hierdie mense regeer kan word nie.

  • Deon Rademeyer

    Lekker geglimlag vir die stukkie. Feit is: Die groodste gevaar vir die Afrikaanse Blanke, is die afrikaanse blanke in eie geledere. En die kleinletters is met n doel. As die Blanke Afrikaner/Boer enigsins erens wil kom in die toekoms, moet hy die kanker in eie geledere uitsny en tot niet maak.