EU wil vlugtelinge terugstuur

Deel op

Die Europese Unie het ‘n beroep op lidlande gedoen om die hervestiging van migrante en vlugtelinge te bespoedig.

Die EU Migrasie-kommissaris, Dimitris Avramopoulos het aan verslaggewers in Brussel gesê dat slegs 497 mense al hervestig is uit die 160 000 waarop verlede September ooreengekom is.

Hy sê hy het in briewe aan EU-lede ‘n sterk en duidelike boodskap gestuur dat die proses bespoedig moet word.

Hy sê talle migrante sal steeds probeer om Europa te bereik, maar dat dit nie hul keuse is in watter Europese land hulle beskerming geniet nie.

Die Turkse president Recep Tayyip Erdogan verkeer tans onder druk om sy grense vir duisende Siriese vlugtelinge oop te stel ná die jongste gevegte in die Aleppo-provinsie.

Hy is tans in ‘n drukgang geplaas deur die suksesvolle Russiese lugveldtog teen ISIS op sy grens.

Na Amerika se weiering om aan die kant van Turkye toe te tree om die anti-Assad rebelle, ISIS, te steun, is die Turkse president se beweegruimte om die EU af te dreig deur vlugtelinge te stuur, beperk.

Erdogan kla dat die VSA steun aan Koerdiese militante in Sirië verleen en sê die Amerikaners se wanbegrip van die Koerde se rol as terroriste, is besig om die streek in ‘n bloedbad te verander.

Sy klagtes kom te midde van hardnekkige gerugte dat Turkye ISIS ondersteun.

Die Koerdiese kwessie bemoeilik lankal Turkye se koördinering met ander ISIS wat die rebelle téén President Bashar al-Assad steun, meen ontleders.

Kenners sê dit dui slegs op nog verdeeldheid in die streek, waar die jongste poging vir vrede op ‘n dooiepunt uitgeloop het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.