Wit gesin van Louis Trichardt leef in vrees na rasaanval

Deel op

‘n Wit gesin van Louis Trichardt is by ‘n winkelsentrum in die dorp aangeval.

Elsabe Bezuidenhout se nagmerrie is op haar Facebook-blad geplaas nadat sy aangeval is deur ‘n groep swartes.

Sy is in die parkeerarea van Makhado Crossing aangerand. Haar gruverhaal het Maandagoggend meer as 7 000 trefslae gehad en is ‘n paar duisend keer gedeel.

Die Bezuidenhouts het ‘n swartvrou wat voor hulle ingedruk het by die kassiere berispe, waarna die swarte op hulle begin vloek en skel het.

Hulle is onder meer as “white pigs” uitgeskel deur die onbekende swarte en vertel dat dit haar land is.

Die moeilikheidmaker is daarna na buite die Pick n Pay, waar sy ander swartes aangehits het teen die wit egpaar.

Toe die Bezuidenhouts in die parkeerarea kom om hulle kruideniersware in die motor te laai, is hulle ingewag deur ‘n opgeruide skare swartes.

Die spul swartes het op die Bezuidenhouts toegesak, hul arms stukkend gekrap en, volgens Bezuidenhout geskree: “We will kill all you fucking white pigs and white fucking whores!!”

Bezuidenhout sê sy het vir haar en haar kinders se lewens gevrees. Die swarte het die wit vrou met “vieslike vuil naels” gekrap. “Hoe moet ek dit vir my histeriese kinders verduidelik,” vra Bezuidenhout in haar inskrywing. “Met ‘n hele skare saam met haar kon ons onsself nie eers verdedig nie.”

Die swartes het die Bezuidenhouts se voertuig omring en met hul vuiste op die enjinkap geslaan. ‘n Vriendin het gehelp om die kinders veilig in die motor te kry.

‘n Motorwag het intussen ook probeer om die situasie te ontlont. Dit, tesame met die vriendin se hulp, het die gesin in staat gestel om hulle kruideniersware in te laai en weg te kom.

Die veiligheidswagte wat in diens van die sentrum is in die parkeerarea het klaarblyklik net toegekyk het hoe Bezuidenhout en haar gesin aangerand word.

Die sentrumbestuur beweer dat hulle nie bewus is van enige voorval nie.

Bezuidenhout het Dinsdag aan die Zoutpansberger gesê sy het haar profiel gesluit, omdat sy en haar gesin vir hul lewens vrees.

Sy het bevestig dat hulle besluit het om die saak wat by Makhado Polisie geopen is vir verdere ondersoek, te sluit. “Ons wil hê hierdie saak moet nou net verby en agter die rug kom,” het sy aan die koerant gesê.

Intussen is verneem dat die sekuriteitsmaatskappy onder die bestuur van Makhado Crossing val.

Die eienaars van Makhado Crossing het ontken dat die sentrum se sekuriteitskameras al vir maande buite werking is. Volgens die sentrum het ‘n “kragonderbreking” gesorg dat die insident nie opgeneem is nie.

Intussen probeer die ANC, by monde van die minister van Kuns en Kultuur, Nathi Mthethwa, wittes voorhou as “rassiste” wat aan strenger wetgewing onderwerp moet word.

Bron: Zoutnet

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.