Die etniese geskil tussen Vendas en Tsongas oor die samesmelting van Vuwani en Malamulele in Limpopo is nog steeds nie opgelos nie.
‘n Vergadering is gehou tussen die Onafhanklike Verkiesingskommissie, die Limpopo se LUR vir samewerkende regering, Makoma Makhurupetja en verteenwoordigers van die inwoners.
Dele van die munisipaliteite sal ‘n nuwe munisipaliteit in die Vhembe-streek vorm, maar inwoners het die voorstelle verwerp.
Hulle sê hulle is oorgehaal om kieserregistrasie tydens die registrasienaweek in Maart te ontwrig.
Die saak sal eers in April in die hooggeregshof aangehoor word.
Die OVK se provinsiale hoof, Nkaro Mateta sê egter hulle het reeds aansienlike vordering behaal met voorbereidings vir die verkiesing in die nuwe munisipaliteit.
In nog ‘n vergadering in Limpopo tussen amptenare van die departement van onderwys en die onderskeie beheerliggame van nege laerskole, het ouers verseg om die skole te laat open.
Die laerskole is in die Zoutpansberg-noord distrik. Die partye tot nie ‘n vergelyk kom tydens die vergadering wat in Louis Trichardt (Makhado) gehou is nie.
Ouers het die skoolhekke gesluit omdat daar volgens hulle nie genoeg onderwysers is nie.
Die groep se woordvoerder, Sibongile Tshikosi sê hulle wou oor die pad vorentoe vergader, maar amptenare wou slegs oor die gevolge praat indien die skole gesluit sou bly.
Tshikosi sê die skole sal gesluit bly totdat bykomende onderwysers aangestel word.
Onmin heers omdat swart Vhembe-kinders beter presteer as die res.