Staatsrede sal niks nuuts oplewer nie

Deel op

Suid-Afrikaners kan niks nuuts te wagte wees wat vanaand se Staatsrede betref nie, meen ontleders.

President Jacob Zuma se 2016 Staatsrede kom te midde van verskeie politieke- en ekonomiese kwessies wat deur die DA en EFF voorgehou word as redes om verrigtinge weer eens te ontwrig.

Dié twee opposisiepartye het die instelling voorheen tot ‘n sirkus verklaar deur lede aan te rand, chaos te saai en rond te hardloop in die gebou.

Die kanse dat sulke manewales Zuma sal laat bedank, is nul.

Veiligheidsmaatreëls is só verskerp dat aktiviste reeds gekla het dat hulle nie naby die gebou of parlementslede kan kom om te betoog nie.

Betogers sal ten minste 600m ver van die Parlementsgebou gehou word.

Die ANC-Jeugliga het intussen gedreig met ‘n “burgeroorlog” teen die EFF en ander aktiviste.

#ZumaMustFall het toestemming van die Stad Kaapstad gekry vir 5 000 betogers, terwyl die Ses’khona People’s Rights Movement toestemming vir 1 500 deelnemers het.

Zuma sal beleggingsvertroue in Suid-Afrika probeer herstel deur maar weens druk van die EFF waarskynlik nie veel vermag nie.

Die komende plaaslike verkiesing is aanstons en die ANC se sogenaamde “Back to basics” program is daarop gemik om stemme te werf.

Die rand het op die vooraand van die Staatsrede vir ‘n tweede agtereenvolgende dag veld gewen teen die dollar.

Die rand hou sy posisie ondanks kommentaar deur die voorsitter van die Federale Reserweraad, Janet Yellen wat laat blyk het dat die Amerikaanse Sentrale Bank nog nie heeltemal die moontlikheid van ‘n rentekoersverhoging in Maart uitgesluit het nie.

Te midde van minder vrese oor die swakker vooruitsigte vir die wêreldekonomie, het die rand nogtans op ‘n stadium vir R15,80 teen die Amerikaanse geldeenheid verhandel.

Die plaaslike geldeenheid was die naasbeste teen die dollar uit ‘n mandjie van die geldeenhede van 25 ontluikende markte, met slegs die roebel wat hom geklop het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.