Twee Republikeine blaas die aftog

Deel op

Die Amerikaanse deelstaat New Jersey se Goewerneur Chris Christie en voormalige sakevrou Carly Fiorina het uit die Republikeine se benoemingstryd getree.

Hulle het beide die beëindiging van hul veldtogte vir die 2016 Republikeinse nominasie aangekondig, en ruimte gelaat in die veld van Donald Trump se teenstanders

Dit beteken ook minder mededingers vir Trump in die 8 November presidensiële verkiesing.

‘n Senior medewerker het aan Reuters bevestig dat Christie sal onttrek, ‘n dag nadat die dapper Republikein sesde geëindig het in New Hampshire.

Dit het tot twyfel oor sy lewensvatbaarheid as ‘n kandidaat gelei.

Mede-Republikein Fiorina, ‘n voormalige uitvoerende hoof van Hewlett Packard, het op Facebook aangekondig dat sy haar veldtog gaan opskort.

Trump se oorblywende teenstanders, die meeste van hulle hoofstroom-Republikeine, sal waarskynlik baat vind by die twee se vertrek, wat sewe Republikeine laat in ‘n veld wat voorheen uit 17 kandidate bestaan het.

Christie het die grootste deel van sy veldtog se hulpbronne in New Hampshire gestort en het ‘n goeie vertoning daar as van kritieke belang gesien.

Hy kon egter net sowat 7 persent van die stemme Dinsdag op homself verening, ten spyte van ‘n veglustige teenwoordigheid in ‘n Republikeinse debat verlede naweek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.