Al minder water in Zimbabwe

Deel op

ImageAmper 600 mense het in Zimbabwe aan cholera gesterf sedert dit laat in Augustus begin het, met meer as 6000 gevalle wat net in Harare bevestig is.

Deel op

Die VN se kinderagentskap UNICEF het verlede week gewaarsku dat die land se infeksiesyfer vandeeseek so hoog soos 60 000 kan styg, wat die sterftesyfer byna vyfvoudig kan laat styg.

Zimbabwe se regering het 'n nasionale noodtoestand afgekondig oor die uitbraak, maar het min hulpbronne om dit te beveg ná die land se finansiële ineenstorting wat die eens vooruitstrewende land in armoede gedompel het.

Hospitale het nie eens die basiese middele en toerusting in voorraad om pasiënte te kan behandel nie, wat die regering dwing om aansoek te doen om internasionale hulp.

Die minister van gesondheid, Dawid Parirenyatwa, het Zimbabwiërs aangemoedig om nie eers hande te skud nie omdat die siekte oorgedra kan word wanneer menslike ekskreta met voedsel of drinkwater in kontak kom.

Dit is vir baie onmoontlik om te was in Harare, waar watervoorsiening onbetroubaar is, en die hele stad verlede week vir meer as twee dae sonder water was.

для баниданильченко юрий брониславович прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.