Sielkundige operasie vervaardig Ted Cruz én sy kiesers

Deel op

In moderne samelewings word leiers gewoonlik gekies deur ‘n verkiesing.

Dit kan wissel van ‘n eenvoudige keuse tussen voorafgekeurde kandidate volgens hul persoonlike eienskappe of idees wat kandidate voorhou vir ‘n spesifieke politieke projek.

In elk geval, die kandidate moet staatmaak op hul kiesers of hul werknemers om hul veldtog te voer.

Die wenner was tot dusver altyd die persoon wat die grootste aantal kiesers kon oorreed. Dit was dus nie nodig om ‘n kandidaat te vervaardig nie, want ‘n party of ‘n beweging kon só ‘n kandidaat ondersteun.

Maar vandag se kiesers huiwer om aan ‘n organisasie te behoort, en werknemers is duur.

Daar bestaan nou privaatmaatskappye wat gespesialiseerde sielkundige operasies kan uitvoer, soos die Britse maatskappy SCL (Strategic Communication Laboratories) en sy Amerikaanse filiaal Cambridge Analytica, om dié probleem van ‘n gebrek aan kiesers aan te spreek.

Sedert 2005, neem hulle deel aan tentoonstellings (DSEI) waar Britse verdedigingstelsels en -toerusting internasionaal bemark word.

Die maatskappy SCL het vorendag gekom met die idee om gedragstegnieke te ontleed om ‘n politieke party én ‘n geskikte kandidaat te vervaardig.

Sielkundiges definieer die profiel-tipe van die manipuleerbare kieser, en versamel dan data uit die teikenpopulasie, bepaal wie die beste ooreenstem met hul profiel, en ontwerp daarna die mees doeltreffende boodskappe om hulle te oortuig om hul kliënt te ondersteun.

Vir die eerste keer is hierdie metode geïmplementeer op ‘n groot skaal in die Verenigde State van Amerika en daarbuite, met Ted Cruz.

‘n Skenking van meer as $15 miljoen aan SCL-Cambridge Analytica het vir veldtog betaal om Ted Cruz in Iowa te steun.

Renaissance, een van die top beleggingsmaatskappye in die wêreld het glo die geld geskenk vir die projek.

Ten einde burgers te isoleer wat vatbaar is vir manipulasie, het SCL-Cambridge Analytica inligting oor miljoene kiesers ingesamel..

Alexander Kogan het die data van Amazon gekoop en aan MTurk gestuur.

Deur die aanvaarding van om hulself te identifiseer op Facebook, het MTurk toegang tot mense se persoonlike data.

Ten spyte van die feit dat dr Kogan The Guardian verseker het dat hy alleen wetenskaplike navorsing, en slegs anonieme data gebruik het, hulle is nietemin vandag in besit miljoene mense se persoonlike inligting.

Binne ‘n paar maande, het SCL ‘n gedetailleerde databasis van meer as 40 miljoen kiesers, sonder hul medewete, opgestel.

Cambridge Analytica het ‘n evaluering van elke profiel volgens die die OCEAN-metode, soos volg gedoen:
– «Openheid» (waardering van kuns, emosie, avontuur, ongewoon idees, nuuskierigheid en verbeelding);
– «Konsensieusheid» (selfdissipline, respek vir verpligtinge, organisasie eerder as spontaneïteit, doelgerigtheid);
– «Ekstroversie» (energie, positiewe emosies, neiging om die stimulasie en die geselskap van ander);
– «Instemming» (neiging om empaties en koöperatief eerder as verdag en antagonisties teenoor ander te wees);
– «Neurotisisme» (neiging om onaangename emosies maklik, soos woede, angs of depressie, kwesbaarheid te voel).

Die studie het daarna ‘n persoonlikheidsgrafiek getrek deur die gebruik van die 240 vrae van die NEO PI-R toets (Neurotisisme-Ekstroversie-Openheid, Persoonlikheid Inventaris).

Op grond hiervan, het die SCL die individue wat manipuleerbare kiesers kan wees, geïdentifiseer, en daarna argumente ontwerp om hulle te oortuig.

Netwerk24 het selfs berig oor die “Afrikaanse kodewoord” wat Cruz glo in sy veldtog gebruik het, kennelik om Afrikaners aan sy kant te kry met dié soort doelbewuste oëverblindery.

Aan die begin van sy presidensiële veldtog, het Ted Cruz baie min gunstige menings ontvang, maar te danke aan die hulp van SCL-Cambridge Analytica, vinnig ‘n groot ondersteuningsgroep vir die Republikeinse primêre verkiesing in Iowa bymekaar gekry.

As Ted Cruz die gesogte plek in die Withuis losslaan, sal dit wees danksy die gebruik van agterbakse sielkundige tegnieke om mense te mislei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.