Google se uitvoerende beampte hoogs besoldigde in die VSA

Deel op

Die uitvoerende beampte van Google, Sundar Pichai, het $199m (R3,2 mijard) se aandele ontvang, volgens ‘n verpligte liassering wat openbaar gemaak is.

Dit maak van Pichai die hoogs besoldigde uitvoerende beampte in die VSA. Hy het die hoof van die soekenjinmaatskappy geword ná die skepping van ‘n houermaatskappy, Alphabet.

Die stigters van Google, Larry Page en Sergey Brin, het reeds onderskeidelik skatte van $34,6 miljard en $33,9 miljard vergader, volgens Forbes.

Die 43-jarige Pichai het op 3 Februarie 273 328 aandele in Alphabet ontvang, volgens ‘n dokument wat by die Amerikaanse SEC (Securities and Exchange Commission) geliasseer is.

Dié nuwe aandeletoekenning bring Pichai se totale aantal aandele op $650m te staan.

Die hoeveelheid aandele sal elke kwartaal van nou af tot 2019 geleidelik in sy besit kom.

Verlede week het Alphabet – Google se houermaatskappy – Apple verbygesteek as die wêreld se waardevolste maatskappy, nadat dit ‘n wins van $4,9 miljard vir die drie maande tot einde Desember aangeteken het, wat hoër is as die $4,7 miljard van ‘n jaar gelede. Op ‘n jaargrondslag het Alphabet $16,3 miljard wins gemaak, hoewel die syfers toon dat die “Other Bets”-filiaal $3,6 miljard tydens dieselfde periode verloor het. Google se bedryfswins het tot $23,4 miljard gestyg, soos wat aanlynadvertensies toegeneem het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.