"Ons verwelkom Engeland terug in Indië, hulle het verseker dat krieket die wenner is in hierdie moeilike tye," het Inderjit Singh Bindra gesê. Bindra is nou die hoofkonsultant by die Internasionale Krieketraad (IKR).
"Ons is dankbaar tenoor die besoekers aangesien die reeks belangrik is vir wêreldkrieket, vir Indiese entoesiaste en vir die land in die algemeen."
Kevin Pietersen se span het Maandagnag in 'n Suid-Indiese stad aangekom uit Aboe Zhabi 10 dae nadat hulle die eendagreeks verlaat het en huistoe gevlieg het né die aanvalle op Moembaai.
Die besoekers het twee dae om te oefen voor die aanvang van die eerste toets in die Chidambaramstadion Donderdag.