En wat van hierdie ‘polariserende kwessies’?

'n Aardskuddende bevinding, wat waarskynlik hier by die 8 punte op die Richterskaal slaan, word aangekondig in Die Burger van Saterdag, 6 Desember 2008 onder die veelseggende opskrif: "VERSOENING: vervaag die reënboog?" By die lees van die kop wil 'n mens al waansinnig begin giggel … of in jou hawermout opgooi.

Waaroor gaan dit? Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening in Kaapstad het in 'n meningspeiling bevind dat Suid-Afrikaners al hoe negatiewer oor die land raak. Hoe is dit móóntlik?

Maar nog nuuswaardiger is mnr. Jan Hofmeyr, programbestuurder: politieke analise van die Instituut, se kommentaar dat die prentjie dalk nou nie heeltemal so duister is nie, want ons moet onthou, drie "polariserende kwessies" het veral 'n invloed op swart persepsies gehad toe die meningspeiling in April vanjaar gedoen is. En hierdie drie kwessies is (raai-raai): die Skielik-skietery; die Reitz-video (verbasend genoeg nie die "walgvideo" genoem nie); en xenofobiese aanvalle.

Nou weet ek nie in watter reënboognasie mnr. Hofmeyr woon nie, en of hy nie koerant lees nie, en of hy geen wit familielede of vriende of kennisse of kollegas het nie, en of hy dalk aan post-traumatiese skok ly, maar ek wil hom graag vra: Wat van die duisende "polariserende kwessies" wat daagliks 'n invloed op blankes se persepsies van veral swartes en die regering het?

Wat van die daaglike skielik-skietery van blankes? Wat van die daaglikse rassistiese aftakeling van blankes? Wat van die daaglikse xenofobiese aanvalle van swart of wit?

Wat van die wit baba wat in koerantpapier toegedraai en verbrand is? Wat van die skoolkind wat tydens 'n plaasmoord opgehang is, nog in sy skooluniform? Wat van die 78-jarige vrou van 'n kleinhoewe in Pretoria-Noord wat deur vier swartmans oorval en vasgebind is? Nadat hulle lekker geëet en gekuier het, het hulle haar na buite gesleep, om die beurt verkrag en toe met messe gesteek.

Wat van mnr. Frans Pieterse, wat in Julie 2006 wreedaardig op sy kleinhoewe buite Swartruggens vermoor is? Hy is langer as vier ure gemartel: sy aanvallers het hom onder meer met kookwater gebrand, sy kop oopgesny en hom met 'n skoenveter verwurg. Die moordenaars het ook plastiek gesmelt en dit op sy tienjarige seun, Gideon, gedrup. Hierdie aanval het AfriForum se Stop-die-moorde-veldtog aan die gang geskok.

Wat van Beatrice Freitas wat na die waskamer in haar huis geneem is, waar haar aanvallers haar verkrag, met olie gesmeer en toe met 'n warm strykyster gebrand het? Toe versmoor hulle haar met 'n handdoek en laat haar vir dood agter. Sy oorleef met 25 persent derdegraadse brandwonde. Niemand is ooit in hegtenis geneem nie.

Callie Botha vertel op Sky News hoe sy 71-jarige pa se hakskeensenings afgesny is sodat hy nie kon vlug nie. Hy is in die rug gekap en sy liggaam is in die bosse gesmyt. Sy vrou se kop is met 'n baksteen ingeslaan, met soveel geweld dat dit soos 'n eier oopgekraak het.

Mnr. Hofmeyr, het jy al van dr. Gregory H. Stanton gehoor? Hy is die stigter van die wêreldwye organisasie Genocide Watch. In Januarie 2006 het sy organisasie berig dat 1 820 boere vermoor is. Hoeveel is dit nou al? Wil jou Instituut vir Geregtigheid en Versoening nie asseblief gaan ondersoek instel en die mees onlangse syfers aan Nasionale Pers se koerante en sommer ook aan die SAUK bekend maak nie? Volgens dr. Stanton verteenwoordig die slagting van 2 000 boere volksmoord.

Die tempo waarin die moorde geskied, die onmenslike wreedheid en marteling waarmee dit gepaard gaan, die feit dat dit altyd swart op wit is, die feit dat daar dikwels niks gesteel word nie (hoewel altyd vuurwapens), die rassistiese opmerkings … alles dui op die stelselmatige uitwissing van 'n volk met die sanksionering van die regering.

Wat, mnr. Hofmeyr, van die videogreep waar oud-pres. Nelson Mandela saam met sy kamerade sing: "We the members of MK have pledged to kill them – the ama-Bhulu (witmense)." Ja, mnr. Hofmeyr, ons waardige, veelgeprese, wyd geëerde president. Hierdie video is vryelik te sien op www.plaasaanvalle.co.za, www.farmmurders.com en seker nog 'n paar ander webwerwe ook.

Mnr. Hofmeyr, wat van die ANC-leier, Jacob Zuma, wat so graag van sy masjiengeweer sing?

Dan praat ek nou nie eens van die daaglikse "kleiner" swart-op-wit-"oortredings" (mag ek dit maar so stigmatiseer?) soos rooftogte, verkragtings (selfs van mans!), motorkapings, aanrandings, diefstalle en rassistiese beledigings nie.

Luister wat skryf die internasionaal bekende Suid-Afrikaans-gebore rubriekskrywer Ilana Mercer oor Suid-Afrika op ilanamercer.com (lees gerus al haar artikels oor Suid-Afrika deur "South Africa" by die soekblokkie op haar tuisblad in te vul):

"Take the travails of my extended family. Ordinarily, a one-case study does not a rule make. But not in this instance – you'd be hard pressed to find a family in democratic South Africa whose members have not been brutalized by barbarians. Mine includes a sister-in-law suffering permanent neurological damage after being assaulted by five Africans; a brother burglarized and beaten in his suburban fortress at 2:00 am by an African gang (wife and infant son were miraculously spared). My father's neighbor was shot point-blank in front of his little girls, as he exited his car to open the garage gates. My husband's cousin and uncle were hijacked; aunt beaten within an inch of her life and raped. Two of his colleagues (that we know of) were murdered; one shot by African taxi drivers in broad daylight as he left his girlfriend's apartment."

Mnr. Hofmeyr, wat van 'n omvattende ondersoek na Ilana Mercer se beweringe? Dis mos verregaande! Dik sy nie dalk aan nie?

Die naam van die Instituut vir Versoening en Geregtigheid laat al klaar 'n mens se alarmklokkies loei. In die newspeak van vandag se "nuwe" Suid-Afrika waar jy alles onderstebo en agterstevoor moet draai om naastenby by die waarheid uit te kom, kan 'n mens dalk eerder van die Instituut vir Verdraaiing en Eensydigheid praat.

Luister byvoorbeeld na die Instituut se uitspraak oor die bevindings van die peiling: "[Dit is 'n] kwantitatiewe vergestalting van Suid-Afrikaners se groeiende ongemak."

Oor hierdie "ongemak" het Yolande op www.plaasaanvalle.co.za die volgende, in plein Afrikaans, te sê: "Ek is 19 jaar oud en stel nie eers belang om verder in hierdie land van ons te bly nie. Watter toekoms gaan my kinders eendag hê? Ek kan jou antwoord, een of ander slagoffer van 'n moord. Ek is bitter. Hoekom staan ons nie op nie? Want ons is te slapgat, dis hoekom. Ons los maar altyd alles oor in God se hande. Nee vriende, ons het hande en 'n mond en 'n verstand gekry om te veg. Veg waarin ons glo. Staan op Suid-Afrika, bring die doodstraf terug, veg vir dit waarin julle glo, hou op lê, staan net op! God sê in die Bybel 'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand. Ons beurt kom! Hou net op slapgat wees! Waar is ons trots? Waar is ons liefde vir ons voorvaders? Ek sê: ons moet dit vandag stop, nie môre nie, want môre is dit dalk jóú gesin wat vermoor word. Veg teen misdaad, veg teen moord op ons mense!"

Dis "gewone" mense soos Yolande wat vir ons sê wat die ware stand van sake in die land is, nie die Instituut se "verteenwoordigende monster" van 3 500 mense wat "persoonlik gepols" is nie.

Mnr. Hofmeyr, as jy jou Afrikaanse Boerenaam waardig wil wees, waarom spits jy jou nie toe op meningspeilings oor die nood, die woede, die bitterheid, die verslaenheid, waarin jou volk verkeer nie?

купить машину на радиоуправлении

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.