Zim kondig noodtoestand af weens hongersnood

Deel op

Zimbabwe benodig noodleniging van sowat vyftien miljard rand om te help om vir koring en ander voedsel te betaal.

Die land dra nou die gevolge van ‘n grondgrypbeleid wat toegesien het dat wit boere van hul regmatige eiendom verdryf word wat tot nypende voedselnood gelei het.

Die laaste wit boer, Philip Rankin, moes onlangs sy grond verlaat. Rankin het verslae opgemerk dat hy nou saamgewerk het met regerende Zanu-PF, maar steeds verjaag is.

‘n Verwoestende droogte wat drie miljoen mense raak, het voedselvoorsiening verder geknou.

Die adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa sê die syfer sluit in genoeg geld vir ‘n voedingsprogram vir kinders wat honger ly.

Die regering sal ‘n pleidooi na internasionale skenkers stuur. Mnangagwa het die noodkreet uitgestuur nadat President Robert Mugabe ‘n noodtoestand in die meeste landelike gebiede afgekondig het.

Zimbabwe se ekonomie het sedert 1999 sowat met die helfte gekrimp.

Welgestelde Suid-Afrikaanse boere maak glo reg om grond van ANC-kaders te huur as die regering hul grond konfiskeer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.