Heksejag teen Wouter Basson kos belastingbetaler miljoene

Deel op

Die raad op gesondheidberoepe sal voortgaan met sy heksejag teen die biologiese oorlogvoeringskenner, Wouter Basson, ten spyte daarvan dat dit die belastingbetaler al R15 miljoen uit die sak gejaag het.

Basson poog tans om die voorsitter van die Tugkomitee, Professor Jannie Hugo deur die Hooggeregshof aan sy verhoor te laat onttrek.

Hugo was nie opreg oor sy lidmaatskap van SA Mediese Vereniging nie, een van die 27 organisasies wat ‘n oproep gedoen het vir Basson se verwydering van die rol van mediese praktisyns.

Hugo het vroeër ‘n aansoek deur Basson om te onttrek weens beweerde vooroordeel van die hand gewys.

Indien Basson met sy aansoek slaag, sal die ses-jaar-lange tugverhoor teen hom van voor af moet begin.

Basson is sedert Desember 2013 met Projek Kus verbind. Die saak duur vandag in Pretoria voort.

Die bekwaamde kardioloog sê hy is skuldig bevind aan onprofessionele gedrag voordat enige getuienis teen hom gehoor is.

Basson sê hy was reeds skuldig bevind toe sy verhoor in 2007 begin het, omdat die respondente reeds besluit het op sy vervolging,.

“Dit is duidelik dat die siening van die respondente is dat die blote feit dat ‘n mediese dokter gedurende die 1980’s in die weermag was, onetiese en onprofessionele gedrag verteenwoordig, ten spyte van verpligte wetgewing met dien effekte.”

Hy het gevra hoe hy ‘n onbevooroordeelde verhoor onder sulke omstandighede kan verwag.

“Ek was duidelik reeds skuldig in die subjektiewe persepsie van die respondente, voordat enige getuienis aangehoor is,” het hy gesê.

Open Stellenbosch het ook verlede jaar te velde getrek teen Basson omdat hy klas gee vir vierde jaar mediese studente by Durbanville fasiliteite van die Mediclinic-hospitaalgroep.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.