Nuwe misdaadplan bevat kiem van totalitarisme

Deel op

Op die oog af lyk die plan vir 'n nuwe databasis wat die ANC-bewind toegang tot alle vingerafdrukke en DNS-gegewens in die land sou gee na 'n goeie manier om misdaad te bestry. Immers kom misdadigers weens gebrekkige bewysstukke en veral forensiese getuienis dikwels skotvry daarvan af in Suid-Afrikaanse howe.

Deel op

Die regte van die gewone, wetsgehoorsame burger moet egter hierteen opgeweeg word. Gegewe die ANC se geskiedenis waar hy entoesiasties die Oos-Duitse bewind met sy geheimse polisie, die Stasi, asook ander soortgelyke dienste in Oos-Europa ondersteun het, kan te veel inligting in sy hande maklik tot misbruik ly.

Die ondoeltreffendheid van die strafregstelsel gaan nie net oor forensiese getuienis nie, maar ook die gebrek aan kundigheid in die polisie wat deur transformasie en regstellende aksie veroorsaak is. Een groot databasis gaan nie die kundigheid na die polisie terugbring nie.

Suid-Afrika is ook 'n multietniese land waar inligting soos DNS en vingerafdrukke maklik aangewend kan word om minderheidsgroepe soos die Afrikaner te onderdruk en te vervolg.

Afirkaners behoort hul samewerking met die owerheid om sy Grootbroerdatabasis tot stand te bring te weier. Onder normale omstandighede sou daar geen beswaar daarteen wees nie. Suid-Afrika is egter geen normale land nie maar 'n (mislukte) staat waarin die burokrasie dikwels deur een rassegroep gebruik word om 'n ander te verdruk.

online slotsАлександр Фильчаков Васильевич

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.