Fedsas onthuts oor skole moet opdok vir departement

Deel op

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) het die Vrystaatse onderwysdepartement se optrede veroordeel omdat hulle aandring dat skole in die Oos-Vrystaat hul eie munisipale rekeninge moet betaal.

Die departement skuld intussen self geld aan skole in die provinsie.

Fedsas se Jaco Deacon sê ‘n amptenaar van die Thabo Mofutsanyana-onderwysdistrik, het skole skriftelik gewaarku dat hulle moet opdok en hul rekenings spoedig betaal, terwyl die onderwysdepartement nog nie derduisende rande se uitstaande subsidies aan skole betaal het nie.

Deacon sê altesaam 1 260 openbare skole en 72 private skole in die Vrystaat het slegs tussen 10% en 15% van hul skoolsubsidies verlede jaar in die laaste skoolkwartaal ontvang. Hy sê skole maak juis staat op dié geld om hul uitgawes in Januarie en Februarie te dek.

Deacon beskuldig die departement van arrogansie en onregmatige optrede. “Dit is asof die een hand nie weet wat die ander hand doen nie.”

Deacon sê talle van die federasie se lidskole in die Thabo Mofutsanyana-distrik word geraak. Dit is een van die grootste onderwysdistrikte in die provinsie met ‘n groot getal openbare landelike skole.

Volgens hom word meer as 650 000 kinders oor die Vrystaat heen word geraak deur die uitstaande subsidies wat nie deur die departement betaal word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.