Anti-wit gees by US, UK en Wits vier hoogty

Deel op

Open Stellenbosch het teruggekrabbel nadat hul histeriese veroordeling van twee wit vrouestudente wat hulself pers geverf het, te veel kritiek uitgelok het.

Die getalarm organisasie probeer rassepolarisasie aanmoedig deur anti-wit uitsprake en word in hul bedenklike ywer ten volle deur die US-owerhede ondersteun. Die jongste voorval het hul kwaadwillige houding jeens blankes verder beklemtoon.

Tugstappe is reeds teen die meisies begin deur die universiteit.

Open Stellenbosch het die hoop uitgespreek dat die universiteit “in die gees van geregtigheid” sy ondersoek spoedig sal afhandel, maar dit blyk dat die organisasie juis toenemend in die gees van aanhitsing en wanvoorstellings handel.

Hulle het nou ‘n halfhartige verskoning aangebied nadat hulle die twee uit hul koshuis laat skors het.

Die kwaadwillige bewerings dat die meisies hul gesigte “swart” geverf het by ‘n koshuispartytjie is as ‘n uiterste vorm van “rassisme” voorgehou wat op sigself laakbaar is.

Die beweging het ‘n vroeëre verklaring teruggetrek waarin die meisies van rassisme beskuldig is, en toegegee dat die aanvanklike beelde misleidend was.

Foto’s van die studente het op sosiale media opgeduik wat duidelik toon dat hulle gesigte pers geverf is en nie swart nie.

By nog ‘n bastion van anti-wit politieke korrektheid is ‘n student van die Universiteit van Kaapstad met ‘n vuurwapen aangehou naby die mediese kampus in die jongste voorval van geweld wat by die Universiteit voorgekom het.

Die student, Sebastian Scheidereiter sê hy is gelukkig om nog te leef nadat twee mans hom van sy rugsak met sy tablet beroof het. Terselfdertyd is ‘n vrouestudent se voertuig deur vier mans gekaap.

‘n Universiteitswoordvoerder, Kylie Hatton, sê die Universiteit is baie bekommerd oor die voorvalle.

Die polisie stel steeds ondersoek in na ‘n vermeende reeksverkragter nadat minstens drie vroue die afgelope tyd naby die Rhodes-gedenkteken naby die universiteit aangeval is.

By die Universiteit van die Witwatersrand het die woorde “Fok witmense” dié week by die ingang van die Oliver Schreiner School of Law-gebou op sy hoofkampus gepryk.

In ‘n verklaring op die Witswebwerf Maandagmiddag het die universiteit dit probeer voorhou as ‘n “klein groepie studente” wat doelbewus graffiti op die mure van die Wits-kampusse en op T-hemde aanbring.

Volgens Wits, het die groep gemobiliseer namens ‘n individu wat hierdie week voor die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie verskyn vir die dra van ‘n T-hemp met die woorde “Fok witmense” op die agterkant.

Wits het gesê hulle weet nie wie die klag by die SAMRK gelê het nie en ontken dat hulle daarby betrokke is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.