Franse leier s? vir Mugabe om te waai

Deel op
Image

Mugabe ‘moet gaan’

Frankryk se president sê Zimbabwe se Robert Mugabe “moet gaan.”

Deel op

Nicolas Sarkozy het homself taai getrek in sy peiling van die Zimbabwiese president. Hy het van Mugabe gesê dat hy nou sy eie mense lank genoeg gyselaar gehou het.

Sarkozy beklee tans die roterende presidentskap van die Europese Unie. Hy het Maandag 'n toespraak gehou ter herdenking van die sestigste viering van die Universele Verklaring van Menseregte.

Die Europese Unie se buitelandse ministers het voorberei om sanksies teen Zimbabwe te verskerp in 'n hernude poging om Mugabe te dwing om uit te tree.

Die EU wil 'n magsdelingsooreenkoms hê met opposisiepartye wat 'n klein meerderheid in Maart se parlementêre verkiesings gewen het.

Zimbabwe bestry tans 'n choleraepidemie te midde van 'n verpletterde ekonomie en gesondheidsorgstelsel.

справка 095у купитьОлександр Фільчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.