Indringers in Calais in kasteel gehuisves

Deel op

Baie immigrante uit Calais in Frankryk se “Oerwoud” kan uitsien na uitnemende akkomodasie.

Van hulle sal gehuisves word in die kasteel by Tantonville, in die dorp van Haroué, in Meurthe-et-Moselle.

Die Prefek van Meurthe-et-Moselle het aan die einde van Januarie ‘n perskonferensie op die perseel gehou om besonderhede van die aantal “vlugtelinge” te gee en die ontvangsvoorwaardes van immigrante voor te hou.

Al die vlugtelinge in Frankryk is onwettig, maar die owerhede doen niks daaraan nie.

Die burgemeester van Tantonville, Serge Petitdant, het die aangekondiging bevestig en gesê: “Vyftien migrante vanaf Calais sal laat in Januarie by die Chateau du Clos tuisgaan,” het hy verklaar.

In wese is hy deur die Prefek gedwing om die aankondiging te maak alhoewel daar groot ongelukkigheid in sy kanton Haroué heers. Die meeste inwoners is fel gekant teen die indringers en hul luukse huisvesting.

Die Arelia-vereniging sal glo die indringers se hervestiging hanteer na die kasteel in Lorraine, die eerste uit Calais se “Oerwoud”.

Die Sosialiste se besluit is des te meer absurd na ‘n Britse hof se uitspraak dat die indringers uit Calais “nie vlugtelinge is nie”.

Die hof het oor die lot van vier jong asielsoekers beslis dat die meeste buitelanders wat uit Calais aankom met die bedoeling om hulle in die Verenigde Koninkryk te vestig, “nie vlugtelinge is nie”.

Britse regters is van mening dat die meeste ekonomiese migrante is wat probeer om die Engelse Kanaal oor te steek met die hoop om “ekonomiese voordele” in die Verenigde Koninkryk te geniet.

Die regters het in hul hofuitspraak verklaar dat baie van die Calais-immigrante waarskynlik nie vlugtelinge is nie.

“Inteendeel, hulle is immigrante wat weier om aansoek te doen vir die status van vlugtelinge in Frankryk as gevolg van die groter voordele wat hulle hoop om te ontvang in die Verenigde Koninkryk.”

Selfs die verlinkse vise-president van die Europese Kommissie Frans Timmermans het intussen toegegee dat sowat 60 persent van immigrante wat in Desember in Europa aangekom het, ekonomiese migrante is.

In werklikheid het peilings reeds aangetoon dat dit baie hoër is as net 60%. Meer as 90% is migrante wat uit armoede probeer ontsnap.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.