Moslempelgrims stenig Satan by die hadj

Deel op

Honderde duisende Moslempelgrims het saamgedrom in 'n vallei naby die Saudi-heilige stad, Mina, vir die steniging van Satan, die laaste en gevaarlikste rite tydens die jaarlikse hadj.

Deel op
Honderde mense is doodgetrap in stormlope wat verskeie vorige pelgrimstogte na Islam se heiligste terreine ontsier toe Moslemgelowiges gestorm het om klippe na die massiewe pilare wat die duiwel voorstel, te werp.

Om die ritueel te voltooi, moet die pelgrim een-en-twintig klippies teen elk van die drie 25-meter hoë pilare gooi en hierdie jaar word die pelgrims toegerus met klippies in voorverpakte sakkies. Dit sal hulle die moeite spaar om te soek vir klippies.

Tot dusver van jaar is geen ernstige insidente aangemeld nie, alhoewel 'n rekordgetal pelgrims van die buiteland af na die heilige terreine gereis het, met 'n totaal van amper twee-en-'n-halfmiljoen aanbidders.

'n Groot veiligheidsmag hou die aanbidders wat koers kry vir die steniging. Dit vind plaas na die slag van skape in 'n ritueel vir die Offerfees (Eid al-Adha) om Abraham se gewilligheid om sy seun op God se bevel te slag, in herinnering te roep.

Die meeste pelgrims het nie self 'n dier geslag nie, maar het eerder koepons gekoop wat die Saoedie-owerhede dan in die gedaante van hulp aan arm Moslems in ander lande deurstuur.

Die Saoedi koning, Abdoella, en sy broer, die kroonprins Sultan, het 'n gesamentlike boodskap aan die pelgrims gestuur.

“Deur die rituele van die hadj uit te voer, vul hulle die wêreld, om die waarheid te sê, die hele wêreld met genade, verdraagsaamheid, meegevoel en vrede, en hulle bevorder die waardes van waarheid, goedheid en integriteit terwyl hulle van hulle afkeure en vyandigheid ontslae raak,” het hulle gesê.

Na die stenigingritueel, gaan die pelgrims na Mekka se Groot Moskee vir 'n vaarwelbesoek aan die Kaaba, die kubusvorm struktuur waarin die Swart Steen, Islam se mees heilige aandenking, aangebring is.

освещение магазинаФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.