Flint se waterkrisis ontbloot swart mislukking

Deel op

Minder as ‘n maand nadat die wit goewerneur Rick Snyder van Michigan ‘n noodtoestand verklaar het, is net een ding duidelik: Die oplossing vir die Flintwaterkrisis sal baie duur wees, ook vir rasseverhoudinge.

“Dit is ‘n misdaad teen die mense van Flint, ‘n misdaad teen die mensdom,” skree prokureur Benjamin L. Crump, wat die families van Trayvon Martin en Michael Brown verteenwoordig het en pas ‘n klas-aksie regsgeding geliasseer het namens die stad se inwoners.

“As ISIS 100,000 Amerikaners vergiftig het, sou ons dit as ‘n daad van terrorisme beskou het!”

Die Flint-waterkrisis het swart mislukking op elke vlak geopenbaar, maar kritici blameer Snyder vir hul tekortkominge.

Die stad se swart burgemeester Karen Weaver het die koste van die verwydering van lood die waterpype van 15.000 huise op $45.000.000 geraam.

Die bekamping van die potensiële impak van loodvergiftiging waaraan 9000 kinders blootgestel word weens besmette water begin by $100,000,000, volgens Mona Hanna-Attisha, ‘n pediater.

Die opknapping van Flint se waterverspreidingstelsel, indien nodig, kan meer as $1 miljard kos, ‘n bedrag wat net die Amerikaanse federale regering kan betaal.

Die krisis spruit uit ‘n besluit van April 2014 deur die swart noodbestuurder Darnell Earley om geld te spaar deur watervoorsiening in die stad uit die Flintrivier te kry.

Earley is aangestel oor die burgemeester en die stadsraad.

Die reeds sukkelende Flint kon selfs geld gespaar het sonder die gebruik van korrosiewe rivierwater.

Sowat 40 persent van die inwoners, hoofsaaklik swart, leef onder die broodlyn, en die mediaan huishoudelike inkomste is minder as die helfte van die bedrag wat ‘n tipiese Amerikaanse gesin verdien.

Kritici kla nou dat die deelstaat misluk het om te verseker dat die stad se swart bestuurders anti-roes chemikalieë bygevoeg het vir die nuwe watervoorsiening, wat tot die krisis gelei het.

Byna onmiddellik na die omskakeling na rivierwater, het gebruikers begin kla van stinkende, verkleurde water, en ‘n paar inwoners het vreemde uitslag ontwikkel.

Sewe en tagtig mense het siek geword van loodvergiftiging en 10 sterftes is aangemeld.

Flint het daarna teruggeskakel na Detroitwater in Oktober, en kundiges probeer nou om die pype met chemikalieë te smeer. Tot dusver het dit nie gewerk nie. Waterfilters word tans gratis vir die hele stad versprei.

Grootliks arm en Afro-Amerikaans, ding die stad mee met Detroit en ‘n aantal ander swart stede vir die twyfelagtige onderskeiding van die mees gewelddadige stad in Amerika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.