ANC jou rassistiese De Klerk uit

Deel op

Die ANC nasionale uitvoerende lid, Nathi Mthethwa het oudpresident FW de Klerk daarvan beskuldig dat hy steeds toegewyd is aan sy rassistiese verlede.

Mthethwa, wat ook die Minister van Kuns en Kultuur is, het by ‘n ANC Jeugliga-saamtrek in Soshanguve, noord van Pretoria gepraat.

Hy sê die ANC sal nie toelaat dat rassiste hom oor rassisme leer nie, het RSG berig.

Hy sê die vrylating van oudpresident Nelson Mandela uit die tronk was nie uit die goedheid van De Klerk se hart nie, maar omdat die ANC hom met geen ander keuse gelaat het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.