Boer vermoor op sy plaas gevind

Deel op

‘n Boer is Vrydag dood op sy plaas, Bastersput in die Kenhardt-gebied van die Noord-Kaap aangetref.

‘n Polisiewoordvoerder, Hendrik Swart het gesê die liggaam van 62-jarige Loy Farmer is omstreeks 06:00 by sy huis gevind.

Sy kop en nek was vol bloed as gevolg van ‘n wond aan die agterkant van sy kop.

Swart het gesê dit is nie duidelik op hierdie stadium hoe die wond toegedien is nie.

Niemand is nog ivm die voorval in hegtenis geneem nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.