Duisende reg oor Europa ruk op teen Islam

Deel op

Duisende Europeërs het Saterdag opgeruk teen die Islamisering en immigrasie in verskeie Europese stede asook Australië.

Botsings met die polisie of teen-betogers is aangemeld te midde van groeiende spanning oor die massiewe instroming van asielsoekers na wit lande.

Onluspolisie het gebots met betogers in Amsterdam nadat ondersteuners van die anti-Islam groep PEGIDA probeer het om hul eerste protesvergadering in die Nederlandse hoofstad te hou.

Die PEGIDA-ondersteuners is deur die polisie en gillende linkse betogers oorrompel: “Vlugtelinge is welkom, fasciste is nie!”

Nederlandse onluspolisie het ‘n paar mense in hegtenis geneem toe berede beamptes tussenbeide getree het om die twee groepe betogers te skei. Dit was nie onmiddellik duidelik hoeveel mense is in hegtenis geneem is nie.

Polisiebeamptes is gewone drag is ook ontplooi om geweld te probeer voorkom in wat duidelik ‘n kopseerprotesoptog was vir die owerhede.

In Duitsland, het 8000 mense deelgeneem aan ‘n PEGIDA-saamtrek in Dresden, volgens die onafhanklike groep Durch Bezahlt, wat bywoningsyfers monitor.

Net 3500 mense het deelgeneem aan ‘n teen-betoging aan die ander kant van die Elberivier wat die stad verdeel, het hulle gesê.

Die hoofstroommedia het die bywoningsyfers weer eens verkeerd gerapporteer met die Britse Daily Mail wat berig het dat slegs 2000 mense die PEGIDA-optog in Dresden bygewoon het.

Geen voorvalle is aangemeld by die geleentheid nie. Dresden is steeds die sentrum van pro-wit sentiment in Duitsland.

In die noordelike Franse stad Calais, het die polisie die anti-Islamprotesoptog met traangas uitmekaar gejaag ná botsings met betogers. Verskeie “verregses” is glo aangehou volgens die owerhede.

Onder hulle is genl. Christian Piquemal, ‘n afgetrede lid van die Franse Vreemde Legioen. Hy is vermoedelik gearresteer omdat hy ‘n te hoë profiel aan die optog verleen het.

Frankryk het ‘n verlinkse regering wat uiters ongewild is. Die skare het die polisie uitgejou toe hulle die generaal wegsleep. Hy moet Maandag voor die hof verskyn.

Die oud-valskermsoldaat het aan Le Monde gesê: “Daar is dinge wat gerespekteer moet word, insluitend die volkslied – die Marseillaise – wanneer dit gesing word.”

Die Franse polisie-unie het intussen ‘n klag gelê teen Calais wat munisipale beamptes ontplooi het teen die optoggangers, iets wat buite hul posbeskrywings val.

Die anti-immigrasie groep PEDIGA het Saterdag slagspreuke laat opklink soos: “Ons moet nie toelaat dat Calais sterf nie!”

Calais is ‘n fokuspunt vir immigrante wat wil deurglip na Brittanje deur die Tonnel. Etlike duisende woon daar in krotbuurte vir maande voordat hulle die kans kry om die VK binne te dring. Die gebied gaan tans gebuk onder erge misdaad.

PEGIDA, die Duitse afkorting ​​vir “Patriotiese Europeërs teen die Islamisering van die Weste, is ‘n magneet vir pro-wit anti-immigrasiesentiment sedert dit twee jaar gelede gestig is in Dresden.

Na ‘n effense daling in bywoning verlede jaar, het die groep se ondersteuners intussen skerp toegeneem omdat gewone mense kwaad is oor vir die ongekende toestroming na Europa van vlugtelinge uit Afrika, Asië en die Midde-Ooste.

Afgesien van sy nasionalistiese en anti-Islam houding, het die groep ook sterk kant gekies vir Rusland. Verskeie Russiese vlae is Saterdag in Dresden opgemerk, saam met baniere waarop “Vrede met Rusland” en “Stop die oorlog teen Sirië” gepryk het.

PEGIDA-protesoptogte het ook plaasvind in Frankryk, Brittanje, Pole, die Tsjeggiese Republiek, Ierland, Denemarke, Finland en Estland.

In Australië het wit regse patriotiese ondersteuners voor die regeringsgeboue in Canberra byeengekom. Blair Cottrell, leier van die United Patriots Front het mense toegespreek oor die gevare van Islam.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.