Transnet het sy infrastruktuur by vyf hawens aangepas om voorsiening te maak vir die vervoer van ingevoerde graan, het RSG berig.
Die maatskappy het ook sy graanhanteringsvermoë in Kaapstad, Port Elizabeth, Oos-Londen en Durban verbeter.
GraanSA het vroeër gesê sowat vier miljoen ton mielies sal ingevoer moet word om voorsiening te maak vir die tekort weens die voorslepende droogte.
Transnet se hoofbestuurder vir Landbou, Ulrico Davids sê hulle berei voor vir die invoer van ses miljoen ton.
Hy sê Transnet beraadslaag met handelaars, silo-eienaars en ander rolspelers om te verseker dat alles gereed is om die invoervolumes te hanteer.