Siriese vredesonderhandelinge tydelik gestaak

Deel op

Die Verenigide Nasies (VN) se afvaardiging na Sirië het aangekondig dat die vresamesprekings in Genève, Switserland, tydelik gestaak word.

Dit sal glo later vandeesmaand hervat word.

Te midde ’n toename in die felheid van gevegte in dié land, is Rusland besig om Westerse ISIS-jihadiste op die slagveld te verdryf.

Die suksesvolle Russiese lugveldtog is tans besig om die gang van die onderhandelinge te bepaal, iets wat die VSA tot dusver wou vermy.

Steffan de Mistura van die VN het ná ’n vergadering met opposisieleiers aan joernaliste gesê “dit is nie die einde nie and dit beteken nie die samesprekings het misluk nie”.

Hy sê beide kante stel belang “om die politieke proses aan die gang te kry” en dat hy 25 Februarie as datum vir hervatting van die vredesamesprekings gekies het.

Die aankondiging kom slegs twee dae nadat De Mistura vir die eerste keer in twee jaar met die hervatting van die samesprekings begin het.

Dis daarop gemik om ’n einde te bring aan die vyf jaar lange oorlog waarin 250 000 mense gesterf het en tot die ontheemding van 11 miljoen mense gelei het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.