Obama besoek moskee

Deel op

President Barack Obama het Woensdag vir die eerste keer ooit ’n besoek aan moskee in die VSA gebring en ’n versoek tot Amerikaners gerig om groter verdraagsaamheid teenoor die miljoene Moslems in dié land te toon.

Hy het gevra dat inwoners hulle vooroordele en stereotiperings konfronteer wat midde ’n toename oor teenterrorisme praatjies in die presidentsveldtog aan die oplaai is.

Hy het by die Islamitiese Vereniging van Baltimore, ’n voorstedelike kampus met ’n moskee en skool, gesprekke gevoer met die Moslem-gemeenskap oor godsdiens-verdraagsaamheid en -vryheid.

Hy het ook later die dag ’n toespraak gelewer oor hoe die VSA ekstremisme kan takel deur met Moslems saam te werk, pleks van die vyand te sien.

Sy besoek was vir Moslem-kampvegters ’n lank verwagte gebaar. Die feit dat hy dit tot sy laaste jaar as staatshoof uitgestel het, is ‘n bewys dat die kwessie van toenadering nie gewild is onder kiesers nie.

Die VSA het reeds honderdduisende Moslems van kant gemaak in Noord-Afrika en die Midde-Ooste met militêre optrede vir oliebelange.

Getuienis is aan die oplaai dat Amerika selfs jihadiste in Sirië befonds.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.