Nuwe boikotplan om sukkelende organisasie te help

Deel op

AfriForum Jeug wil soos die EFF ‘n boikot uitroep, maar Afrikaanse studente gaan die gelag betaal.

Die organisasie het ‘n beroep gedoen op alle studente wat in Afrikaans onderrig word of onderrig wil word, om tot Junie vanjaar geen klasgelde te betaal nie.

Woordvoerder, Ian Cameron, sê ‘n vyfpuntplan, wat deel is van die organisasie se RedAfrikaans-veldtog, is vandag bekend gemaak. Hy sê die veldtog is daar om studente bewus te maak en aan te moedig om op hul regte te staan.

Die plan behels onder meer die uitbreiding van AfriForum se takke by universiteite wat tans min aftrek kry.

Cameron sê studente gaan ook gemobiliseer word “sonder dat konflik aangemoedig word”. As Afrikaanssprekende studente geïntimideer word moet hulle weet dié organisasie is daar om hulle te ondersteun.

“Dit volgens ons is nie aanvaarbaar nie. Ons het ‘n reg soos enige ander student om in ons moedertaal te studeer.”

Hy sê die EFF se dreigemente dat daar met Afrikaans weggedoen gaan word by universiteite omdat Engelse-klasse nie op standaard is nie, is nie logies nie. “Ons is hier om te bly en daarom is die vyfpuntplan bekendgemaak.”

Afriforum, wat deel is van Solidariteit, het hul eie akademiese instelling by name Akademia. Hulle hoop kennelik dat die boikotplan hul eie onderneming sal aanhelp.

Vir studente is dit ‘n risiko omdat die bestaande universiteite hulle eenvoudig sal uitskop en hulle sodoende hul studies sal moet verleng.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.