Sanders lyk sterk teen Hillary

Deel op

Bernie Sanders lyk sterk nadat hy as ideologiese wenner uit die stryd getree in die Demokratiese Party se voorverkiesingstryd in die deelstaat Iowa.

Hy kon Hillary Clinton van dieselfde party nie klop in die amptelike stemming oor wie die partykandidaat moet wees in die Amerikaanse presidentsverkiesings wat in November plaasvind nie, maar het sterker vertoon as wat voorheen geglo is.

Haar ver-linkse teenstander in die leierskapstryd van die Demokrate, Sanders, het alle verwagtinge oortref.

Demokratiese Sosialiste is die grootste sosialistiese organisasie in die Verenigde State van Amerika, en is sedert 1982 besig om “openlik ‘n demokratiese sosialistiese teenwoordigheid in Amerikaanse gemeenskappe en politiek te vestig”.

Dié organisasie is entoesiastiese ondersteuners van die Joodse Sanders.

Sanders het so te sê gelyk geëindig met sy teenstander wat nie daarin kon slaag om hom oortuigend te klop nie.

Clinton het in 2008 verloor in die Iowa-koukusse teen Barack Obama.

Wat die Republikeinse stryd betref, het die gewilde Donald Trump ‘n kortkop agter sy mededinger Ted Cruz geëindig.

Trump was die gunsteling in Iowa maar minder gewilde kandidate het die stem verdeel. Intussen het die hoofstroommedia internasionaal ‘n smeerveldtog teen Trump geloods.

Trump én Sanders geniet steun in die staat New Hampshire, waar die volgende voorverkiesing sal plaasvind.

Die partybenoemingstryd sal bepaal wie Amerika se presidentskandidate vir onderskeidelik die Republikeine en die Demokrate gaan wees.

Die koerant, die Des Moines Register het ‘n beroep op die Demokratiese Party gedoen om vinnig te beweeg om te bewys dat Maandag se resultate korrek is.

Die stuk getiteld “Redaksioneel: Iets ruik sleg in die Demokratiese Party,” begin met: “Weer eens lag die wêreld vir Iowa.”

Die klein oorwinning wat Clinton behaal het sal volgens die koerant slegs geloofwaardig wees “as ‘n volledige oudit van die resultate gedoen word”.

Die koerant se redaksie het ook gesê daar is te veel geleenthede vir foute in die proses en daarop gesinspeel dat Clinton nie die deelstaat se benoeming regverdig gewen het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.