Airbus doen noodlanding na bom glo op vlug ontplof

Deel op

‘n Airbus A321 moes Dinsdag ‘n noodlanding op die Mogadisjoe-lughawe doen nadat ‘n bom vermoedelik ‘n gat bo die regtervlerk geruk het.

Die vliegtuig het op daardie stadium ‘n hoogte van sowat 14 000 voet bereik.

‘n Passasier is uit die vliegtuig gesuig en die verkoolde lyk is sowat 25 km van die Mogadisjoe-lughawe af gevind.

Die Somaliese owerheid het bevestig ‘n lyk is naby Mogadisjoe gevind wat vermoedelik van vlug D3159 kom.

“Die passasiersvliegtuig het Dinsdag kort ná opstyging ‘n noodlanding gedoen.

“Daar is skade aan die Airbus A321 bokant die regtervlerk,” het die Somaliese polisie gesê.

Sowat 74 mense was op die vlug na Djiboeti en twee het klein beserings opgedoen.

Hoewel die amptelike oorsaak van die ontploffing onbekend is, is oorblyfsels van ‘n plofstof gevind, het ‘n bron aan die media gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.