‘n Klag van moord word ondersoek nadat die liggaam van ‘n bejaarde man Dinsdagmiddag in sy huis in Lady Grey ontdek is.
John Bradish (80) het twee dae lank nie sy verskyning in die openbaar gemaak nie, wat ‘n buurman en vriend se agterdog gewek het.
Die buurman het daarna die polisie in kennis gestel en hulle het op sy lyk in sy woning afgekom.
Die laaste keer dat hy lewend gesien is was toe hy by sy buurman gekuier het.
Bradish was jare lank ‘n inwoner van die dorp.
Kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, sê Bradish is vermoedelik met ‘n onbekende voorwerp aan die regterkant van sy kop geslaan.
Slegs Bradish se selfoon word vermis.